Kultuur

Affie-sprekers skitter by ATKV

Die finale ronde van die ATKV se Nasionale Redenaars- en Debatskompetisie het die afgelope naweek by ATKV Goudini Spa plaasgevind.

Drie junior en drie senior debatspanne het na finaal deurgedring. Die junior span van Erik van der Merwe, Juan Schoeman en Gerhard van Wyk wen die junior kompetisie en in die senior afdeling behaal Ian Mc Donald en Adriaan van Wyk die derde plek. Dr. Gustav von Bratt het beide spanne afgerig.

Drie Affie-redenaars het deelgeneem en Katleho Molakeng (hooffoto) wen die landsfinaal vir die kategorie “Junior: voorbereid – addisionele taal”.

 

  Ian McDonald en Adriaan van Wyk

 

Die junior wenspan saam met Dr von Bratt

Toneelgroep skitter

Affies se toneelgroep het verlede week tydens die Eldo Pronk Podium Fees koning gekraai.   Die groep se produksie Aksie! het Saterdagaand in die finaal  die eerste plek behaal.

Craig Kleingeld en Reinhard Prinsloo is genomineer as beste akteurs en Craig is Saterdagaand aangewys as die wenner in die kategorie.  Ongeveer 53 skole, in 3 streke, het die afgelope drie weke in Gauteng aan die kompetisie deelgeneem. Die Affie-span en 5 ander produksies het deurgedring na die semi-finaal wat op 30 Augustus in die Atterbury Teater aangebied word.  Die top 3 produksies van die semi-finaal tree 28 September by Aardklop in die finaal op.  Kaartjies vir die optrede in die Atterbury Teater is te koop by https://itickets.co.za teen R70.

Uitslae teen Maritzburg

Die uitslae van die afgelope naweek se interskole met Maritzburg College kan hieronder afgelaai word.

[downloads id=”6124″]

Kooroptrede

Die Ooskerkgemeente bied saam met Ockie Vermeulen ‘n klassieke produksie aan.

Die program sluit die kore van die Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool in asook verskeie ander musikante wat bekende sowel as nuwe verwerkings van klassieke musiek voordra.

 

Datum:                 13 Julie 2019

Plek:                      NG Ooskerk, Clydesdale Pretoria

Tyd:                       18:30

Kaartjies:             R180-00 – R250-00 / persoon

Aanlyn:                 https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1490972807

 

UItslae vir Grey

Die uitslae van die naweek se interskool met Grey Kollege kan hieronder afgelaai word.

[downloads id=”6052″]

 

Koor skitter by eisteddfod

Die Affie-koor het uitgeblink by die Pretoria Eisteddfod en ‘n A++ verwerf vir hul puik sang.

Hulle is ook aangewys as kategoriewenners.

Baie geluk aan ons susterskool wat as algehele wenners aangewys is.