Sport

Affie-gholf presteer

Affies se gholfspelers het onlangs puik presteer.

Die eerste span het deelgeneem aan die SA Skole Finaal. ‘n toernooi was oor twee rondtes beslis is op die Irene Buitekub . Daar was 23 skole vanoor die land en die Affie-span eindig in die derde plek.

‘n Junior Affie-span het oor die langnaweek aan die “Grey High School Links Festival “ deelgeneem. Die toernooi het op die Humewood Links asook St Francis Links plaasgevind. Die span eindig in die tweede plek uit 8 spanne.

Intussen is drie Affies verkies tot die Gauteng-Noord skolespan wat gedurende die eerskomende vakansie aan die Hoërskole interprovinsiale toernooi gaan deelneem. Hulle is Dawid Opperman, CJ Upton en Jean Hannah.

Baie geluk aan al hierdie spelers wat Affies se naam so hoog hou.

Uitslae vs Jeppe

Die volledige uitslae van rugby- en hokkiewedstryde wat op 30 Mei teen Jeppe gespeel is, is hieronder beskikbaar.

[downloads id=”1276″]

Uitslae vs Waterkloof

Die volledige uitslae van die interskool teen Waterkloof is hieronder beskikbaar:

RUGBY

1e span wen 28-15
2e span wen 46-18
3e span wen 24-0
5e span wen 48-0 vs Waterkloof 4e
7e span wen 39-0 vs Waterkloof 5e
9e span wen 22-15 vs Waterkloof 6e
10e wen 15-0 vs Waterkloof 7e
16A wen 18-14
16B wen 48-10
16C wen 40-0
16E wen 39-8 vs Waterkloof 16D
15A wen 14-0
15B wen 59-0
15C wen 62-0
14A wen 13-5
14B verloor 0-19
14C wen 66-5
14E wen 32-0 vs Waterkloof 14D

HOKKIE:

1e span wen 4-3
2e span wen 4-3
3e span wen 6-0
Onder 16A wen 6-0
Onder 16B wen 2-0
Onder 16C wen 6-0
Onder 14A wen 2-0
Onder 14B wen 6-0
Onder 14C wen 4-0

Oud-Affies in SA-span

Twee oud-Affies is ingesluit in die Suid-Afrikaanse onder 20 rugbyspan wat van 2 tot 20 Junie in Italië gaan deelneem aan die onder 20 Wêreldbeker.

Baie geluk aan RG Snyman en Ivan van Zyl. Affies is trots op julle!springbok-rugby-logo1