Huis Kruger

Huis Kruger skep ‘n baie huislike omgewing vir die 18 seuns wat daar woon en is die enigste Koshuis wat nie op die skoolterrein staan nie.

Koshuisseuns het in hul graad 9-jaar die geleentheid om vir ‘n kwartaal daar tuis te gaan.

Alle etes word steeds in die eetsaal geniet.

Studietye

18:30 – 19:30 studie
19:30 – 20:00 breek
20:00 – 21:00 studie
21:30 – Ligte uit

Vervoer

Die skoolbussie ry soggens 6:30 skool toe en keer weer terug na Huis Kruger na aandete om 18:00.

Diensbeurte

Maandae en Woensdae: Mnr. Fep du Toit: fep.dutoitjr@affies.co.za

Dinsdae en Donderdae: Mnr. Pieter Maritz: Pieter.maritz@affies.co.za

Personeel roeteer elke naweek (Vrydag tot Sondag)

Uitteken prosedure:

Ouers moet ‘n e-pos stuur voor 12 aan fep.dutoitjr@affies.co.za 

Algemene naweek reëlings:

Ouers kan seuns Vrydae na skool by Huis Kruger ongeveer 14:15 kom oplaai, alternatief na skool by AHS.

Aflaai op Sondae geskied tussen 15:00-17:00 by Huis Kruger.

Seuns kan kies om Sondae reeds terug te keer Huis Kruger toe of eers Maandae-oggende. Let wel die bussie vertrek 6:30 in die oggend.

Seuns kan ook Maandae-oggende by skool afgelaai word.

Seuns wat Vrydae-Saterdae wil inslaap, slaap by Huis Frank le Roux in die koshuis.