Doelstellings

  1. Die Bond stel hom ten doel om die belange van die Afrikaanse Hoër Seunskool, sy huidige en historiese leerlinge en personeel te beskerm en te bevorder.
  2. Om die skool se voortbestaan as opvoedkundige inrigting te beskerm deur borgskappe, skenkings en fondsinsamelings te reël en te bekom;
  3. Om genoegsame fondse te bekom ten einde die geboue, terrein en toerusting van die skool te verbeter, onderhou en uit te brei;
  4. Om langtermyn strategieë te beplan ten einde die welvaart van die skool en onderwys in die algemeen te stimuleer;
  5. Om sport en kulturele aktiwiteite van die skool te stimuleer en uit te brei.s