Skool sluit vir die Julie-vakansie

SLUITING EN HEROPENING VAN SKOLE

Die Minister van Onderwys se aangekondig van gister oor die sluiting en heropening van skole het ons genoodsaak om ons besluit om die eksamen tot Vrydag te laat voortgaan, te hersien.

Die volgende is van krag: Skole sluit op Woensdag 30 Junie vir die vakansie en heropen weer op Maandag 19 Julie.

 

EKSAMENREËLINGS

Klasse sal normaal voortgaan van 19 tot 23 Julie, waarna die res van die eksamen voltooi sal word. Die eksamen sal Maandag 26 Julie hervat en die laaste vraestelle sal op Maandag 2 Augustus geskryf word. Die gewysigde eksamenrooster sal môre gestuur word.

Neem asseblief kennis dat hierdie reëlings deurgaans aan verandering onderhewig is, na gelang van moontlike nuwe direktiewe wat deur die regering uitgereik kan word. Ons sal u op hoogte hou.

Dankie vir u begrip en ondersteuning in dié verband.

Geniet die tyd saam met u seun gedurende die vakansie en wees asseblief veilig.

Vriendelike groete