Aansoeke
Die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) se aanlyn aansoeke vir graad 8’s vir 2025 het op 14 Augustus gesluit en so ook AHS se interne aansoeke.
Indien u ‘n SMS ontvang dat u dokumente geverifieer is, word u aansoek erken – hierdie is egter nie ‘n aanduiding van ‘n plek of plasing in die skool nie. Dokumente wat ná die sluitingsdatum van die aansoektydperk ingedien word, word as onvolledige aansoeke beskou.
Ouers en voogde met volledige aansoeke en welke aansoeke erken is, sal vanaf 16 September SMS-kennisgewings ontvang wat sal aandui of die aansoek aanvaar is, al dan nie. Let wel dat die SMS’e deur die GDO uitgestuur word en dat AHS geen beheer oor hierdie proses het nie.
Ouers wat ‘n SMS ontvang wat toon dat hul aansoek aanvaar is, het sewe skooldae om die plasingsaanbod te aanvaar. Plasingsaanbiedinge wat in die eerste ronde deur ouers van die hand gewys word, sal dan weer vrygestel word en die GDO kan sodanige plek toewys aan leerders wat op plasing wag.
Enige navrae kan aan aansoeke@affies.co.za gestuur word.
Indien u vir gr. 9 – 11 wil registreer kan u ‘n e-pos aan aansoeke@affies.co.za stuur om die nodige skakel te ontvang.
AHS INTERNE INSKRYWINGS VIR GRAAD 8’S VIR 2026
Die inligting vervat in hierdie inskrywings word gebruik om die skool se administratiewe lading te verlig, maar álle aansoeke vir AHS vind steeds amptelik deur die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se aansoekproses in Junie/Julie plaas.
Géén inskrywings word dus nou reeds gefinaliseer nie en dit dien nie as enige waarborg vir plek in die skool nie. Alle aansoeke wat voor die keerdatum ontvang word, geniet ewe veel aandag, ongeag die datum waarop dit ontvang is. Die keerdatum vir interne aansoeke sal op dieselfde dag as dié van die GDO se aansoekperiode wees. Alle aansoekers is verplig om die GDO-aansoekproses te volg.
U kan die skakel vir die interne inskrywings hieronder volg. Voordat u egter met hierdie proses begin, is dit baie belangrik dat u die volgende dokumente elektronies beskikbaar moet hê sodat u dit op die stelsel kan laai (.pdf formaat):
- Seun se geboortesertifikaat
- ID-grootte foto van seun (.jpg-formaat, 200kb of kleiner)
- Nuutste rapport
- Getuigskrif van laerskool
- Albei ouers se ID-dokumente
- Bewys van woonadres (slegs munisipale rekening of geldige huurooreenkoms word aanvaar)
- Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n voltooide BETALINGSOOREENKOMS wat u hier kan aflaai.
- Sou u vir koshuisinwoning wou aansoek doen, moet u hierdie KOSHUISAANSOEK laat voltooi deur die hoof of betrokke personeellid by u seun se laerskool. Dit moet ook deur die laerskool geteken en gestempel word.
Let asb. weereens daarop dat plek in die skool eers na afloop van die GDO se plasingsproses (gebruiklik in Augustus of September) bevestig kan word.
Enige navrae kan aan aansoeke@affies.co.za gerig word.
Volg hierdie skakel: INSKRYWINGS
AHS se opedag vind op 16 April 2025 plaas.
Indien u vir gr. 9 – 11 wil inskryf, volg hierdie skakel: INSKRYWINGS
Aansoeke vir 2025 sal eers vanaf 1 Februarie 2024 aanvaar word.
Aansoeke:
GAUTENG-AANLYNTOELATINGS VIR GRAAD 8’S VAN 2024 OPEN OP 15 JUNIE
Die Gautengse departement van Onderwys het aangekondig dat die aanlyntoelatingstelsel vir graad 8’s van die 2024-akademiese jaar op 15 Junie 2023 in werking sal tree.
Die aansoektydperk is van 15 Junie om 08:00 tot 21 Julie om 12:00.
Besoek www.gdeadmissions.gov.za om aansoek te doen. Ouers en voogde sal vanaf 4 September 2023 SMS-kennisgewings ontvang wat sal aandui of die aansoek aanvaar is, al dan nie.
Ons doen ‘n beroep op ouers en voogde om binne sewe dae nadat die aansoek ingedien is, afskrifte van die volgende dokumente per e-pos aan aansoeke@affies.co.za te stuur OF fisies by skool in te dien:
· ID of paspoort van ouer sowel as die kind
· Vlugtelingpermit
· Asielsoekerpermit
· Permanente verblyfpermit
· Studiepermit
· Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat
· Bewys van huisadres
· Bewys van werksadres
Om te verhoed dat skole ‘n aansoek miskyk, sal daar ‘n bewys van die oplaai van hierdie dokumente aan die skool gestuur word. Die stelsel toon die opgelaaide dokument duidelik aan, sodat die skool dit kan verifieer. Indien die skool nie die dokument verifieer nie, sal die stelsel ‘n sms aan die ouers stuur.
Aansoekers sal 4 September in kennis gestel word of hulle aansoek by ‘n betrokke skool suksesvol was al dan nie. Dit is daarom belangrik dat aansoekers vir kommunikasiedoeleindes ‘n selfoonnommer verskaf.
Ouers en voogde wat vir koshuisplasing aansoek doen, moet verder direk met die betrokke skool skakel.
Aansoeke wat volledig (met alle dokumente) en binne die genoemde tydperk op die stelsel gelaai word, kry voorkeur. Neem asseblief kennis dat die aansoek ook per e-pos aan die skool gestuur of per hand afgelewer kan word.
Die volgende plasingskriteria geld:
· Huisadres binne voedingsgebied
· Broers reeds in die skool
· Werksadres
· Huisadres binne radius van 30 km
· Huisadres buite 30 km-radius
Ouers en voogde wat gedurende die aansoektydperk probleme ervaar, word aangemoedig om die distrikskantore en gedesentraliseerde instapsentrums te besoek of die GDE se kontaksentrum by 0800 000 789 te skakel.
Vir persvrystellings, toesprake en nuus, besoek die Gautengse Provinsiale Regering se portaal by www.gauteng.gov.za.
Me. Ronel van der Westhuizen kan vir enige navrae gekontak word by ronel.vanderwesthuizen@affies.co.za of (012) 344-3805.