Akademie

Moodle

Affies maak van die aanlynleer-platform, Moodle, gebruik. Elke leerling skakel in op sy eie profiel. Hier kan aanvullende inligting en oefeninge, sowel as belangrike inligting oor elke vak gevind word.

Kliek op die logo om na Affies se Moodle-blad te gaan:

Kliek op die logo om na Affies se Saspac toepassing te gaan:

Vakkeuses:

Graad 8 - 9

Verpligte vakke

Afrikaans
Engels
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
Tegnologie
Lewensoriëntering
Skeppende Kunste

(Huistaal)
(Eerste Addisionele Taal)

(Biologie en Natuur- en Skeikunde)
(Geografie en Geskiedenis)
(Rekeningkunde en Besigheidstudies)
(Tegniese Tekene en Bedryfskennis)
(Voorligting en Liggaamsopvoeding)
(‘n Keuse moet tussen Musiek & Visuele Kunste OF Drama & Visuele Kunste uitgeoefen word)

AF
EN
WI
NW
SW
EBW
TEG
LO
SK

In Skeppende Kunste moet ‘n keuse tussen Musiek & Visuele Kunste OF Drama & Visuele Kunste uitgeoefen word)

Skeppende Kunste

Musiek

Leerlinge wat Musiek en Visuele Kuns as vakkeuses aangedui het, word nie outomaties aanvaar nie. Toelating tot hierdie vak is onderhewig aan ‘n keuringsproses na afloop van die jaarlikse Musiekopedag. Bywoning van die Musiekopedag is dus verpligtend om vir keuring in aanmerking te kom. Die aantal leerders wat gekeur word, word bepaal deur die beskikbaarheid van instrumente en musiekpersoneel.

Musiek as vak bestaan uit twee hoofkomponente:

Musiekteorie en -geskiedenis sowel as musiekbeluistering (tydens skoolure)

Praktiese lesse (buite skoolure)

Visuele Kunste

Die doel van die vak is hoofsaaklik om:

• kreatiewe, uitdrukkingsvolle en innoverende individue en spanne te ontwikkel;

• kunstalent, aanleg en entoesiasme te identifiseer en te koester;

• leerlinge met die nodige basiese vaardighede toe te rus om sodoende verdere studies in die kunsvorm van hulle keuse na te streef.

Drama

Die studie van drama bied aan leerlinge hulpmiddels om menslike ondervindings in dramatiese vorms voor te stel.

Leerlinge word onderrig in kommunikasievaardighede, en word gelei om die liggaam en stem as instrumente te ontwikkel.

Slaagvereistes

  • Ten minste 50% in Afrikaans Huistaal 

  • Ten minste 40% in Engels Eerste Addisionele Taal EN Wiskunde

  • Ten minste 40% in drie ander vakke

  • Ten minste 30% in twee ander vakke

Promosie word slegs toegelaat as deurlopende assessering (40%) en eksterne assessering (60%) in al die leerareas toegepas word.

Graad 10 - 12

Verpligte vakke

Afrikaans
Engels
Wiskunde
Lewensoriëntering

(Huistaal)
(Keuse tussen Home Language en First Additional Language)
(Keuse tussen Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid)

Keusevakke

Fisiese wetenskappe (Fisika en Chemie) 
Rekeningkunde
Ekonomie
Inligtingstegnologie (Programmering)
Geskiedenis
Ingenieursgrafika en –ontwerp
Musiek

Lewenswetenskappe (Biologie)
Besigheidstudies
Duits Tweede Addisionele Taal (Onderhewig aan getalle)
Rekenaartoepassingstegnologie (Rekenaarvaardighede)
Geografie
Toerisme
Visuele kuns

Addisionele vakke

‘n Leerling mag slegs ‘n maksimum van twee addisionele vakke neem. Hierdie twee keusevakke moet reeds in Graad 10 as addisionele vakke geneem word. Die aanbied van addisionele vakke is onderhewig aan die aantal leerlinge wat dit wil neem en die beskikbaarheid van ‘n onderwyser.

Algemeen

‘n Leerling wat in graad 10 Alpha Wiskunde as addisionele vak wil neem, moet einde graad 9 ‘n punt van 65% vir Wiskunde kry.

Dit word baie sterk aanbeveel dat ‘n Graad 9-leerling wat Wiskunde as vak in graad 10 wil neem, aan die einde van graad 9 ‘n punt van 55-59% vir Wiskunde moet kry.

Duits

Leerlinge kan in Graad 10 Duits as tweede addisionele taal neem. Die voorwaarde is dat ten minste 10 leerlinge die vak moet kies.

Engels Huistaal 

Leerlinge wat Engels Huistaal wil neem, moet in Graad 9 ‘n punt van ten minste 60% vir Engels behaal.

Leerlinge wat Inligtingstegnologie as vak wil neem, moet ten minste 50-59% vir Wiskunde in Graad 9 behaal. As gevolg van fasiliteite kan net ‘n beperkte aantal leerlinge Inligtingstegnologie as vak neem. Keuring vind plaas op grond van sy Wiskunde punt tydens die Junie/Julie-eksamen behaal.

As gevolg van die aard van die vak moet elke leerling wat Inligtingstegnologie /Rekenaartoepassingstegnologie as vak wil neem, ‘n addisionele fooi betaal.

Dit word sterk aanbeveel dat ‘n leerling wat Ingenieursgrafika en -ontwerp as vak wil neem ook Wiskunde sal neem (vergelyk universiteits-toelatingsvereistes).

Musiek 

Die skool voorsien gratis onderrig in alle orkesinstrumente, klavier, orrel en kitaar (slegs beperkte aantal kitaarleerlinge). Die skool voorsien aan elke musiekleerling ‘n blaas-musiekinstrument, maar daar word jaarliks ‘n instandhoudingsfooi gehef, afhangend van die instrument wat die leerling bespeel. Indien meer as 1 orkesinstrument bespeel word, word gratis onderrig en voorsiening van instrument in slegs 1 instrument aangebied. Keuring vind plaas op grond van die leerling se graad 9 praktiese punt.

Vereistes vir ‘n Nasionale Senior Sertifikaat

  • ‘n Minimum van 40% in huistaal

  • ‘n Minimum van 40% in twee ander vakke

  • ‘n Minimum van 30% in drie ander vakke

Vakveranderings

Die Departement van Onderwys bepaal dat geen leerder ‘n vak in Graad 12 mag neem indien hy dit nie reeds van Graad 10 af geneem het nie. Dit is dus belangrik dat die vakkeuse in Graad 10 deeglik oorweeg word om latere probleme te vermy.

Universiteitstoelating

2021
50 %

563 onderskeidings deur 269 kandidate

2022
50 %

478 onderskeidings deur 235 kandidate

2023
50 %

410 onderskeidings deur 244 kandidate