Aansoeke
Die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) se aanlyn aansoeke vir graad 8’s vir 2025 het op 14 Augustus gesluit en so ook AHS se interne aansoeke.
Indien u ‘n SMS ontvang dat u dokumente geverifieer is, word u aansoek erken – hierdie is egter nie ‘n aanduiding van ‘n plek of plasing in die skool nie. Dokumente wat ná die sluitingsdatum van die aansoektydperk ingedien word, word as onvolledige aansoeke beskou.
Ouers en voogde met volledige aansoeke en welke aansoeke erken is, sal vanaf 16 September SMS-kennisgewings ontvang wat sal aandui of die aansoek aanvaar is, al dan nie. Let wel dat die SMS’e deur die GDO uitgestuur word en dat AHS geen beheer oor hierdie proses het nie.
Ouers wat ‘n SMS ontvang wat toon dat hul aansoek aanvaar is, het sewe skooldae om die plasingsaanbod te aanvaar. Plasingsaanbiedinge wat in die eerste ronde deur ouers van die hand gewys word, sal dan weer vrygestel word en die GDO kan sodanige plek toewys aan leerders wat op plasing wag.
Enige navrae kan aan aansoeke@affies.co.za gestuur word.
Indien u vir gr. 9 – 11 wil registreer kan u ‘n e-pos aan aansoeke@affies.co.za stuur om die nodige skakel te ontvang.
GDO-AANSOEKE VIR 2026: GRAAD 8
Die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se aanlyn aansoeke open op Donderdag 24 Julie. Besoek dan asb. www.gdeadmissions.gov.za om namens u seun aansoek te doen. Die aanlyn aansoekproses bly oop tot Vrydag 29 Augustus 2025.
Die Departement van Onderwys se plasingsproses geskied op grond van die onderstaande vyf kriteria:
1 – Woon in die skole se voersone
2 – Broers en susters in die skool
3 – Werk in skool se voersone
4 – Woon binne 30km van die skool
5 – Woon buite 30km van die skool
Die laerskool waarvan die seun ‘n leerling was is nie ‘n kriterium nie.
Plasings word outomaties deur die aanlyn stelsel van die GDO gedoen. Aansoekers wat aan die eerste kriterium voldoen: “woon binne skole se voersone” word eerste geplaas voordat daar na volgende kriteria oorgegaan word.
Die GDO se voorskrif is dat ouers by ‘n minimum van drie en ‘n maksimum van vyf skole aansoek doen. Afrikaanse Hoër Seunskool ontvang jaarliks meer aansoeke as waarvoor daar plekke in die skool beskikbaar is. Talle aansoekers kry nie in die eerste fase ‘n plasingsaanbod by AHS nie. Die skool wil dit onomwonde stel dat daar geen voordeel daarin is om by slegs een skool aansoek te doen nie. Inteendeel, indien u by slegs een skool aansoek doen en u kind word nie in die eerste fase by daardie skool geplaas nie, sal die departement u kind later by enige skool plaas waar daar nog plek beskikbaar is.
Koshuisplasings Plasings in die koshuis geskied op die diskresie van ‘n keuringskomitee. Die volgende kriteria word in ag geneem om seuns te keur: Akademiese prestasie, afstand van ouerhuis na AHS, leierskap, gedragsrekord, Affie-verbintenisse, veelsydigheid en buitemuurse prestasie. Alhoewel ons poog om seuns met susters in AHMP se koshuis te akkommodeer, geskied dit nie vanselfsprekend nie. Daar is jaarliks bykans dubbel die hoeveelheid aansoeke as waarvoor daar plek is. Indien ‘n seun in die koshuis plek kry, het hy outomaties plek in die skool.
Om billik teenoor ouers te wees, handel ons die koshuisplasings vroeër as die GDO se plasings af en verwittig ouers of hul seun ‘n plasing het of nie en of hy moontlik op die waglys is.
Seuns wat nie plek in die koshuis kry nie sal steeds as dagskoliere deur die normale aansoekproses oorweeg word.
Interne aansoekvorm
U kan steeds AHS se interne inskrywings voltooi. Voordat u met hierdie proses begin, is dit belangrik dat u die volgende dokumente elektronies beskikbaar moet hê sodat u dit op die stelsel kan laai (.pdf formaat):
- Seun se geboortesertifikaat
- ID-grootte foto van seun (.jpg-formaat, 200kb of kleiner)
- Nuutste rapport
- Getuigskrif van laerskool
- Albei ouers se ID-dokumente
- Bewys van woonadres (slegs munisipale rekening of geldige huurooreenkoms word aanvaar)
- Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n voltooide BETALINGSOOREENKOMS wat u hier kan aflaai.
- Sou u vir koshuisinwoning wou aansoek doen, moet u hierdie KOSHUISAANSOEK laat voltooi deur die hoof of betrokke personeellid by u seun se laerskool. Dit moet ook deur die laerskool geteken en gestempel word.
Let wel, die interne aansoek is slegs vir administratiewe doeleindes en alle graad 8-aansoeke móét volgens die departementele proses geskied. Die GDO sal van 16 Oktober af plasingsaanbiedinge per SMS aan ouers stuur.
Enige navrae kan aan aansoeke@affies.co.zagerig word.
Volg hierdie skakel: INSKRYWINGS
Indien u vir gr. 9 – 11 wil inskryf, volg hierdie skakel: INSKRYWINGS
Aansoeke vir 2025 sal eers vanaf 1 Februarie 2024 aanvaar word.
Aansoeke:
GAUTENG-AANLYNTOELATINGS VIR GRAAD 8’S VAN 2024 OPEN OP 15 JUNIE
Die Gautengse departement van Onderwys het aangekondig dat die aanlyntoelatingstelsel vir graad 8’s van die 2024-akademiese jaar op 15 Junie 2023 in werking sal tree.
Die aansoektydperk is van 15 Junie om 08:00 tot 21 Julie om 12:00.
Besoek www.gdeadmissions.gov.za om aansoek te doen. Ouers en voogde sal vanaf 4 September 2023 SMS-kennisgewings ontvang wat sal aandui of die aansoek aanvaar is, al dan nie.
Ons doen ‘n beroep op ouers en voogde om binne sewe dae nadat die aansoek ingedien is, afskrifte van die volgende dokumente per e-pos aan aansoeke@affies.co.za te stuur OF fisies by skool in te dien:
· ID of paspoort van ouer sowel as die kind
· Vlugtelingpermit
· Asielsoekerpermit
· Permanente verblyfpermit
· Studiepermit
· Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat
· Bewys van huisadres
· Bewys van werksadres
Om te verhoed dat skole ‘n aansoek miskyk, sal daar ‘n bewys van die oplaai van hierdie dokumente aan die skool gestuur word. Die stelsel toon die opgelaaide dokument duidelik aan, sodat die skool dit kan verifieer. Indien die skool nie die dokument verifieer nie, sal die stelsel ‘n sms aan die ouers stuur.
Aansoekers sal 4 September in kennis gestel word of hulle aansoek by ‘n betrokke skool suksesvol was al dan nie. Dit is daarom belangrik dat aansoekers vir kommunikasiedoeleindes ‘n selfoonnommer verskaf.
Ouers en voogde wat vir koshuisplasing aansoek doen, moet verder direk met die betrokke skool skakel.
Aansoeke wat volledig (met alle dokumente) en binne die genoemde tydperk op die stelsel gelaai word, kry voorkeur. Neem asseblief kennis dat die aansoek ook per e-pos aan die skool gestuur of per hand afgelewer kan word.
Die volgende plasingskriteria geld:
· Huisadres binne voedingsgebied
· Broers reeds in die skool
· Werksadres
· Huisadres binne radius van 30 km
· Huisadres buite 30 km-radius
Ouers en voogde wat gedurende die aansoektydperk probleme ervaar, word aangemoedig om die distrikskantore en gedesentraliseerde instapsentrums te besoek of die GDE se kontaksentrum by 0800 000 789 te skakel.
Vir persvrystellings, toesprake en nuus, besoek die Gautengse Provinsiale Regering se portaal by www.gauteng.gov.za.
Me. Ronel van der Westhuizen kan vir enige navrae gekontak word by ronel.vanderwesthuizen@affies.co.za of (012) 344-3805.