Gedragskode

Die toepassing en implementering van die bepalings van die gedragskode geskied in oorleg en in terme van die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika Wet nr. 108 van 1996 (“die Grondwet”), die Suid-Afrikaanse Skolewet Wet nr. 84 van 1996 en alle regulasies en riglyne wat die Minister of die Departement van Onderwys van tyd tot tyd mag implementeer en verder onderhewig aan enige wysigings van die Wet wat van tyd tot tyd gepromulgeer mag word.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool, wat in God en in tydlose en universele waardes soos liefde, waarheid en hoop geanker is, streef daarna om sy unieke tradisie van uitnemende opvoedende onderwys te handhaaf en uit te bou tot voordeel van ons land en sy inwoners. Ons onderskryf die beginsels vervat in die Grondwet en beskou die regte uiteengesit in Hoofstuk 2 van die Grondwet as die basis van hierdie gedragskode.

 

Ons as onderwysers en leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool is lief vir en lojaal aan ons vaderland. Vir ons as onderwysers van die Afrikaanse Hoër Seunskool is elkeen van sy leerders kosbaar. Hulle welsyn en geluk is vir die skool ’n hoë prioriteit. Ons roeping as onderwysers is om, aanvullend tot hul ouers of voogde, ons leerders na volwaardige volwassenheid te begelei. Ons ag onsself dus as vennote van ons leerders se ouers en voogde en streef saam met hulle ’n hegte eenheid met ons leerders na.

 

  1. Beginsels:

As onderwysers en leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool streef ons die volgende kernwaardes daadwerklik na:

1.1             Liefde

  • Ons as leerders aanvaar dat die liefde die kragtigste van alle waardes is. Sonder liefde is die ander waardes nutteloos.
  • Ons as leerders strewe daarna om liefde teenoor ons onderwysers, medeleerders en medemens uit te straal. So gee ons daadwerklik inhoud aan ons leuse: “Laat daar lig wees.”

1.2             Respek

  • Ons as leerders aanvaar gesag, respekteer ons onderwysers en leiers en ondersteun hulle volledig. 
  • Ons respekteer ons mede-Affies, landgenote en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.
  • Ons as leerders respekteer ander leerders se reg tot privaatheid.
  • Ons eer ons moedertaal en gebruik dit met trots en waardigheid, maar respekteer terselfdertyd ook alle ander tale van ons land.

1.3             Integriteit

  • ‘n Affie se woord is sy eer, daarom praat ‘n Affie in alle omstandighede die waarheid en streef eerlikheid daadwerklik na.
  • Ons as leerders streef daarna om jong manne van karakter, binne en buite skoolverband, te wees.

1.4             Nederigheid

                  ‘n Affie is trots op wie hy is en op sy skool, maar bly in alle omstandighede, in oorwinning en nederlaag, altyd nederig.

1.5             Gehoorsaamheid

                  ‘n Affie is gehoorsaam en eer sy ouers en onderwysers.

1.6             Verantwoordelikheid

  • ‘n Affie neem verantwoordelikheid vir sy gedrag en optrede deur die nagevolge van sy dade te dra en daaruit te leer.
  • ‘n Affie streef ‘n gedissiplineerde lewenstyl op alle terreine na, daarom streef ‘n Affie na deurlopende netheid, flinkheid en hoflikheid.

1.7             Lojaliteit

  • ‘n Affie is lojaal aan sy land, sy medeburgers, sy mede-Affies, personeel en breë Affie-gemeenskap.
  • Ons besef dat dit ‘n besondere voorreg is om deel te wees van hierdie skool. Daarom is ons lojaal aan die skool en bou ons in woord en daad voort aan sy goeie naam en roemryke tradisie.

1.8             Gelykheid

  • Vir ons as onderwysers en leerders is elke leerder kosbaar. Ons respekteer elkeen se reg op gelyke behandeling. Ons behandel alle mense ongeag hul geslag, ras, geloof of enige ander oortuiging wat hul mag hê, gelykwaardig.

1.9             Diensbaarheid

  • Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en te dien.

1.10           Dankbaarheid

  • Ons as leerders het nie onsself, ons gesinne, ons kultuur, ons taal of ons land self geskep nie, maar dit as ‘n geskenk uit ‘n hoër krag as onsself, naamlik die oorsprong van alle oorspronge, ontvang.
  • Ons as leerders word deur ‘n oorweldigende dankbaarheid jeens hierdie feit gekenmerk.
  • Dit is ‘n dankbaarheid wat ons teenoor die skool, die onderwysers en teenoor mekaar uitstraal.

 

By die Afrikaanse Hoër Seunskool wil ons ‘n kultuur van self-regulering bevorder. Ons besef verder dat ons missie tot die handhawing van hierdie kernwaardes slegs kan plaasvind binne die riglyne van ‘n behoorlike gedragskode. Dit is dus belangrik dat leerders hulself toesien tot die bevordering van die skool se gedragskode en nie enige oortreding wat neerkom op die skending van enige van die kernwaardes, sal duld nie en aktief sal toesien dat sodanige oortredings aangespreek word.

 

Terselfdertyd moet goeie gedrag erken en beloon word.

 

  1. Definisies:

 

2.1             Onderworpe aan sub-paragraaf (2) en behalwe vir sover konteks anders aandui, het ‘n woord wat omskryf is in afdeling 1 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Artikel 84 van 1996) dieselfde betekenis in hierdie gedragskode.

2.2             In hierdie gedragskode, behalwe as die konteks anders aandui, word die volgende betekenisse aan woorde geheg:

  • ‘kode’ beteken die gedragskode van die skool;
  • ‘dae’ beteken dae van die week, uitsluitend Saterdae, Sondae, openbare vakansiedae en skoolvakansies;
  • ‘dissiplinêre komitee’ beteken ‘n dissiplinêre komitee wat saamgestel word i.t.v die bepalings in paragraaf 5;
  • ‘wangedrag’ beteken wangedrag deur ‘n leerder en sluit die volgende in:
  1. a) wangedrag op die skoolterrein, hetsy gedurende of na skoolure;
  2. b) wangedrag gedurende enige skoolaktiwiteit, ongeag of dit op of buite die skoolterrein plaasvind, en gedurende of buite skoolure; en
  3. c) enige gedrag, met die dra van skooluniform of nie, en binne of buite die skoolterrein wat
  4. i) die skool in ‘n slegte lig stel;
  5. ii) inmeng met die beheer, gesag of behoorlike administrasie van die skool;

                           iii)  verhoed dat enige skoolaktiwiteit kan plaasvind;

  1. iv) onderworpe is aan die redelike uitoefening van die reg om te vergader, enige aksie soos voorsien in die Grondwet, 1996 en die gedragskode;
  2. v) individue verhoed om hul regte, magte en pligte as ‘n lid van die skoolgemeenskap uit te oefen;
  3. vi) enige vergelding teen regmatige aksies waarna verwys word, wat verbode is volgens die skool se gedragskode, verontagsaam.
  • ‘aanklaer’ beteken die hoof van die skool of ‘n onderwyser deur die hoof aangestel of enige ander persoon deur die skool gekies om ’n saak teen ‘n leerder voor te lê;
  • ‘verteenwoordiger’ beteken ‘n ouer van ‘n leerder, ‘n medeskolier of enige ander persoon wat deur ‘n leerder gekies word om hom by ‘n dissiplinêre verhoor te verteenwoordig;
  • ‘skooldae’ beteken dae van die week, met die uitsondering van Saterdae, Sondae, openbare vakansiedae en skoolvakansies;
  • ‘ernstige wangedrag’ beteken wangedrag soos vermeld in Skedules 1 en 2;
  • ‘skorsing’ beteken:
  1. a) ‘n leerder mag nie toegelaat word om klasse by te woon nie;
  2. b) ‘n leerder mag nie toegelaat word om ‘n ampsposisie te beklee of om enige pligte en funksies relevant tot so ‘n ampsposisie na te kom vir die periode van opskorting nie;
  3. c) ‘n leerder mag nie aan buitekurrikulêre aktiwiteite van die skool deelneem nie;
  4. d) ‘n leerder mag nie skool bywoon vir ‘n tydperk wat nie langer as ‘n week mag wees nie;
  • en ‘opskort’ het dieselfde betekenis as skorsing;
  • ‘voorlopige opskorting’ beteken ‘n leerder mag voorlopig deur die hoof geskors word vir die maksimum periode toegelaat deur die Wet. Hierdie besluit kan geneem word as die hoof, in konsultasie met die departementshoof, besluit dat dit in die belang van die leerder of die opvoeders en die skoolgemeenskap is. Hierdie besluit is onderhewig aan die feit dat die leerder met sy skoolwerk onder goeie toesig moet kan aangaan; en
  • ‘die wet’ beteken die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996)

 

  1. Implementering van ‘n gedragskode:

                  Ter verwesenliking van die skool se missiestelling wat hierbo uiteengesit is en verder ter versekering en handhawing van goeie orde en dissipline in die skool, word die onderstaande gedragskode, reëls en prosedures by die Afrikaanse Hoër Seunskool geïmplementeer.

 

3.1.1          Algemene skoolreëls:

                  Hierdie reëls word geïmplementeer om daaglikse skoolbywoningsbedrywighede en goeie orde te reguleer.

3.1.2          Skoolbywoning en die daaglikse skoolbedrywighede:

3.1.2          Skoolbywoning is vir ‘n Affie belangrik; dus woon elke leerder die skool getrou by en daarom mag geen leerder sonder behoorlike en gegronde redes of toestemming van die skooldag of van enige klas afwesig wees nie. Elke leerder sal streng hou by die prosedure ten opsigte van afwesighede, soos verder hierin gekommunikeer. Indien ‘n leerder weens siekte of ‘n ander rede afwesig is, stel die ouers en voogde so spoedig moontlik die skool telefonies en die voogonderwyser per e-pos in kennis.

3.1.3          Leerders tree elke dag stiptelik om 07:25 op die vierkant of voor sy voogklas aan, afhangend van die dagrooster. Geen leerder mag laat opdaag vir die aanvang van die skooldag nie. In die enkele gevalle waar leerders onvermydelik laat is, rapporteer hulle eers by die kantoor se ontvangs.

3.1.4          Klaswisseling geskied vinnig en ordelik en leerders moet stiptelik en betyds vir die aanvang van ‘n opvolgende klasperiode met sy tas en alle akademiese benodighede opdaag.

3.1.5          Leerders tree ten alle tye so op dat die goeie leerkultuur in die skool bevorder word.

3.1.6          ‘n Affie het respek vir die goeie orde in die skool, daarom word stilte gehandhaaf tydens die daaglikse opening, afsluiting en wanneer daar afkondigings gemaak word.

3.1.7          In die saal en tydens saalopeninge word respek aan die spreker en die plegtigheid van die geleentheid betoon. Die nodige stilte om saalbyeenkomste stigtelik te laat plaasvind, word deurentyd gehandhaaf. Geen versteuring van die algemene orde, ongedissiplineerde optrede of belangeloosheid tydens saalbyeenkomste sal gevolglik toegelaat word nie.

3.1.8          Tydens pouses beweeg leerders uit die gebou uit om op die terrein te ontspan.

3.1.9          Tydens pouses en in die middae word alle leerders gekonsidereer en die geleentheid gegun om op ons terrein te ontspan.

3.1.10        ’n Affie is bewus van die netjiese en goed versorgde voorkoms van ons terrein en hulle beywer hulle om dit so te hou. Geen leerder mag hom gevolglik skuldig maak aan die bemorsing van die terrein en skoolgeboue of beskadiging van enige eiendom van die skool nie.

3.1.11        ‘n Affie dra ook buite die klaskamer die goeie naam van die skool uit. Goeie maniere en gesonde selfdissipline is kenmerkende eienskappe van Affies.

3.1.12        Op die sportveld openbaar ‘n Affie te alle tye ware sportmangees deur respek te toon aan spanmaats, opponente, skeidsregters en beamptes.

3.1.13        Geen leerder mag hom gevolglik skuldig maak aan swak of onsportiewe gedrag nie.

3.1.14        Tydens uitstappies en wanneer openbare vervoer gebruik word, bou elke Affie aan die skool se goeie naam deur onberispelike gedrag en optrede.

3.1.15        ‘n Affie ondersteun sy medeskoliere lojaal wanneer hulle op buitemuurse gebied aan kultuur- en sportaktiwiteite deelneem.

3.1.16        Geen leerder mag tydens die skooldag of deelname aan skoolaktiwiteite deelneem aan enige massa-aksies of betrokke wees by die opsweep van ander leerders om deel te neem aan sodanige massa-aksies nie.

3.1.17        Geen leerder mag tydens die skooldag of deelname aan skoolaktiwiteite betrokke wees by enige ander aktiwiteite wat nie deel vorm van die skool se bedrywighede nie.

3.1.18        Geen leerder mag tydens die formele skooldag die skoolterrein sonder toestemming
verlaat of enige area wat as verbode terrein aangedui is, binnegaan nie.

3.1.19        Geen leerder wat met ‘n motor skool toe kom, mag op die terrein parkeer nie.

3.2             Voorkoms:

3.2.1          Dit is ‘n voorreg om ons skooldrag te dra en ‘n netjiese voorkoms is ‘n tradisie van ons skool. Eenvormigheid en netheid dra ‘n positiewe beeld uit en kweek trots by alle Affies en Affie-ondersteuners.

3.2.2          Daarom word van Affie-leerders verwag om die onderstaande kleredrag en voorkomsreëls nougeset na te kom.

3.2.3          Somerdrag: wit hemp, grys broek, skooldas, grys kouse en swart skoene.

3.2.4          Winterdrag: wit hemp, grys broek, skooldas, kleurbaadjie met of sonder wit skooltrui,
grys kouse en swart skoene.

3.2.5          Uitgaandrag: wit hemp, grys broek, skooldas, kleurbaadjie met of sonder wit skooltrui, Affie-pet, grys kouse en swart skoene.

3.2.6          Skoene: swart toerygskoene met ‘n leerafwerking. (Nié stewels, gepunte skoene of skoene met uitermate dik sole, ‘n patroon of gespe nie.) Die volgende is ontoelaatbaar: Vuil, misvormde skoene of skoene wat geskeur of gate in het.

3.2.7          Gordel: skoolgordel (skoolkleure); grys materiaal of ‘n swart leergordel sonder ‘n opvallende gespe.

3.2.8          Tasse: netjiese, standaardgrootte tasse met afskortings word gebruik.

3.2.9          Skooldas: netjies gevou; die das lank genoeg dat alle hempsknope bedek word, maar
nie verby die broekrek nie. Die volgende is onaanvaarbaar: verandering of beskadiging van skooldasse, onaanvaarbare lengtes, dasse waarvan sekere gedeeltes van die das uitgerafel is.

3.2.10        Akademiese, Kultuur- en Sportmerietedasse mag slegs Vrydae of tydens enige spesifieke geleentheid wat in diskresie van die skoolhoof bepaal word deur leerders gedra word. Die dra van hierdie dasse buite die bepaalde tye, of deur leerders wat nie kwalifiseer om die das te dra nie, sal veroorsaak dat die das onmiddellik gekonfiskeer word en die volgende prosedure sal geld:

3.2.10.1     Die das sal duidelik gemerk word en by die hoof van dissipline of sy gemagtigde ingehandig word.

3.2.10.2     Die seun moet ‘n boete van R50 by die finansiële kantoor betaal. Hy kan sy das eers die volgende akademiese dag terugkry wanneer hy sy betalingsbewys toon en skriftelike ontvangs erken.

3.2.10.3     In geval van ‘n tweede oortreding word ‘n R100-boete gehef, en die das word vir TWEE skooldae gestoor. Dieselfde prosedure soos genoem in 3.2.10.2 word gevolg indien die leerder sy das wil terughê.

3.2.10.4     In geval van ‘n derde oortreding word ‘n R150-boete gehef en die das word vir VYF skooldae gestoor en kan die saak via die hoof na die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam verwys.

3.2.10.5     By voortgesette oortredings kan die leerder die voorreg verbeur om die betrokke das verder te dra.

3.2.11        Sportdrag: Affies se trotse sporttradisie word ook in die voorkoms van sy sportspanne weerspieël. Daarom word die voorgeskrewe sportdrag van elke sportsoort eerbiedig. ‘n Skedule van gemagtigde sportdrag verskyn in die beplanningsgids en word as deel van hierdie gedragskode beskou. Leerders mag verder slegs amptelik goedgekeurde Affie-sweetpakke en sportsakke dra en gebruik.

3.2.12        Haarstyl en algemene voorkoms: ‘n Affie se hare is in ‘n konserwatiewe styl gesny, skoon, netjies en goed versorg. Indien ‘n seun verkies om sy hare kort te dra, is ‘n no. 4 knipper die norm. Die volgende is onaanvaarbaar: hare word in ‘n moderne, modieuse of ontwerperstyl gesny; kuiwe wat oor die wenkbroue hang; te lang hare bo (uit verhouding uit met die kante en/of meer as 5cm in lengte), oor die ore of kraag; wangbaarde laer as die middeloor, ongeskeerde baarde en gekleurde of gejelde hare.

3.2.13        Tatoeëermerke, die dra van oorbelle, ringe, armbande of soortgelyke items word deur die skool ontmoedig. Indien ‘n seun wel ‘n tatoeëermerk, gaatjies in sy lyf vir oorbelle, ringe of enige iets dergeliks het, mag dit onder geen omstandighede sigbaar wees wanneer die seun ‘n skoolaktiwiteit beoefen en/of sy skooldrag of enige vorm van Affie-drag dra nie. Indien ‘n seun versuim om sy tatoeëermerk te verbloem sal hy dienooreenkomstig volgens die skool se gedragskode gestraf word en/of deelname aan skoolaktiwiteite ontneem word

 

3.3             Akademie:

3.3.1          Akademie is ‘n topprioriteit by Affies. ‘n Affie werk met selfdissipline en dra by tot die handhawing en bevordering van ons skool se gesonde leerkultuur.

3.3.2          Die verbreding van leerders se algemene akademiese agtergrond en die ontwikkeling van selfinsig is belangriker as die blote nastreef van goeie eksamenuitslae. ‘n Affie maak dus vrylik gebruik van geleenthede soos olimpiades, werkwinkels en hulpklasse om sy akademiese agtergrond te verbreed.

3.3.3          Leerders sal te alle tye onderwysers met respek en agting behandel en geen voorbarige of ongemanierde optrede teenoor onderwysers sal toegelaat word nie.

3.3.4          Geen ontwrigtende of ongedissiplineerde optrede van enige leerder in ‘n klaskamer of in enige skoolverband sal toegelaat word nie.

3.3.5          Pligsgetrouheid is ‘n belangrike prioriteit vir ‘n Affie. Daar word met selfdissipline gewerk en gestreef na insig en begrip van alle vakinhoude. Alle opdragte van onderwysers moet gevolglik nougeset uitgevoer word.

3.3.6          Leerders het ‘n plig om huiswerk, klaswerk, toetse en enige akademiese take wat deur die onderwyser gegee is, na die beste van hulle vermoë te doen.

3.3.7          Geen pligsversuim of belangeloosheid wat sou insluit die inhandiging van onvoltooide of slordige werk of onderprestasie van leerders word toegelaat nie.

3.3.8          Elke leerder het ‘n verantwoordelikheid om toe te sien dat hy behoorlik voorbereid is vir elke lesperiode wat onder andere inhou dat hy met sy tas/sak met alle boeke of toerusting of apparate wat vir daardie klas benodig mag word tydens die klas, teenwoordig sal hê.

3.3.9          Gedurende eksamentyd respekteer ‘n Affie sy medeleerders en sorg dat daar genoeg studiegeleentheid vir almal in die skool is.

3.3.10        Met behulp van die beplanningsgids sorg ‘n Affie dat sy ouers en voogde altyd goed ingelig is oor ouer- en inligtingsaande, sy toetsuitslae en algemene akademiese vordering.

3.4             Algemene gedrag:

3.4.1          ‘n Affie gedra hom te alle tye in skoolverband so dat hy die kernwaardes waartoe hy homself verbind het, te alle tye handhaaf en bevorder.

3.4.2          Die gedragskode van die skool inkorporeer alle ander gedragskodes wat betrekking het op ‘n buitemuurse aktiwiteit, en is elke leerder wat deelneem aan ‘n buitemuurse aktiwiteit ook onderworpe aan daardie aanvullende kode.

3.4.3          Gevolglik mag geen leerder hom in skoolverband, tydens skoolaktiwiteite of terwyl hy sy skooluniform dra of indien hy identifiseerbaar is as ‘n leerder van hierdie skool, skuldig maak aan enige optrede teenstrydig met skedule 1 of 2 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996) en / of optrede soos van tyd tot tyd aan die seuns gekommunikeer nie.

3.4.4          Wanneer daar ‘n oortreding van die gedragskode is wat geskied in die teenwoordigheid van medeleerders, rus daar ‘n verpligting op sodanige medeleerders om die oortreding sonder meer by die graadvoog aan te meld. By versuim daarvan is hy skuldig aan ‘n oortreding.

 

4                Toepassing van Tug:

                  Hierdie gedragskode is van toepassing op alle leerders wat ten tye van ‘n beweerde wangedrag onderworpe is aan die skool se dissiplinêre gedragskode.

                  ‘n Leerder is onderworpe aan die dissiplinêre gedragskode van die skool as so ‘n leerder ten tye van die beweerde wangedrag ‘n ingeskrewe lid van die betrokke skool is.

 

4.1             Algemene bepalings:

4.1.1          Enige leerder wat weier of versuim om die bepalings en reëls van die gedragskode met insluiting van die missiestelling na te kom, maak hom skuldig aan ‘n oortreding van die gedragskode en is gevolglik vatbaar vir dissiplinêre optrede en die oplegging van straf-aksies in terme van die gedragskode.

4.1.2          Die beheerliggaam het die diskresionêre bevoegdheid om in oorleg met en onderhewig aan die bepalings van die wet en die riglyne neergelê deur die Departement van Onderwys en verder na konsultasie met die Affieraad, die aard en die omvang van die strafaksies teen leerders te omskryf, bepaal of te wysig, indien nodig.

4.1.3          Sonder om enigsins afbreuk te doen of beperking te plaas op die diskresionêre bevoegdheid van die beheerliggaam waarna verwys word in paragraaf 4.1.2 hierbo, mag die volgende strafaksies leerders opgelê word by die oortreding van die gedragskode:

4.1.3.1       Waarskuwing en/of

4.1.3.2       Verbeuring van die reg om ‘n skooldas te dra vir ‘n bepaalde tyd en/of

4.1.3.3       Oplegging van dienstake in skoolverband en/of

4.1.3.4       Detensie en/of

4.1.3.5       Verbeuring van voorregte as Affie en/of

4.1.3.6       Ontheffing van skoolampte en/of

4.1.3.7       Tydelike skorsing van klasbywoning en/of

4.1.3.8       Skorsing van skoolaktiwiteite en/of

4.1.3.9       Uitsetting uit die skool in oorleg met die Departement van Onderwys en/of

4.1.3.10     Enige ander straf wat in bepaalde gevalle in oorleg met die riglyne van die Departement van Onderwys as gepas beskou sou word.

4.1.4          ‘n Leerder mag waar die toepaslike graadvoog, Adjunkhoof: Dissipline en/of hoof van dissipline, dissiplinêre komitee of beheerliggaam van opinie is dat dit ‘n gepaste geval is, verwys word vir berading.

4.1.5         ‘n Leerder mag waar die toepaslike graadvoog, Adjunkhoof: Dissipline, dissiplinêre komitee of beheerliggaam van opinie is dat dit ‘n gepaste geval is, verwys word vir herstellende wegkering in plaas van die oplegging van strafaksies soos uiteengesit in 4.1.3 hierbo.

4.2             Herstellende Geregtigheidspraktyke vorm deel van die skool se dissiplinêre prosesse, veral met betrekking tot die rehabilitering van leerders, en sal ingestel word soos deur die beleid bepaal word. (Bylaag A)

 

4.3             Dissiplinêre prosedure – Struktuur:

4.3.1          Die beheerliggaam in oorleg met die Affieraad dra die oorhoofse verantwoordelikheid vir die toepassing van die bepalings van die gedragskode en is in skoolverband in die implementering van die dissiplinêre proses die finale gesag.

4.3.2          Die beheerliggaam sal in die toepassing van dissiplinêre tug en die dissiplinêre proses bygestaan word deur die Affieraad, ‘n leerder-tribunaal, die graadvoogde, Adjunkhoof: Dissipline en ‘n onafhanklike dissiplinêre komitee.

4.3.3          Die graadvoogde en Adjunkhoof: Dissipline sal in die uitvoering van hulle dissiplinêre verantwoordelikhede en take bygestaan en gelei word deur die skoolhoof en die beheerliggaamslid belas met dissiplinêre aangeleenthede.

4.3.4          ‘n Onafhanklike dissiplinêre komitee word saamgestel onderworpe aan die bepalings in sub-paragraaf 5.

4.3.5          Die leerder-tribunaal sal bestaan uit die hoofseun en twee lede welke lede op ‘n roterende basis uit die geledere van die Affieraad aangewys sal word.

4.3.6          Die bedrywighede en prosedures van die leerder-tribunaal sal deur die Affieraad in oorleg met die beheerliggaamlid belas met dissipline van tyd tot tyd bepaal en vasgestel word.

                  Prosedure:

4.3.7          Waar ‘n leerder in klasverband die bepalings van die gedragskode oortree verwys die tersaaklike onderwyser die aangeleentheid na die graadvoog wat in oorleg met die onderwyser die aangeleentheid finaliseer indien beide van opinie is dat die oortreding van ‘n minder ernstige aard is.

4.3.8          Indien bevind word dat die leerder skuldig is aan die tersaaklike oortreding mag die graadvoog in oorleg met die onderwyser die volgende strawwe oplê:

4.3.8.1       Waarskuwing en/of

4.3.8.2       Oplegging van dienstake in skoolverband; en/of

4.3.8.3       Detensie.

4.3.9          Die leerder word ten volle ingelig oor die beweerde oortreding en het die reg om vertoë ten aansien van beide die meriete van die geval of enige toepasbare straf aan die graadvoog voor te hou.

4.3.10        Indien ‘n leerder van opinie is dat hy verkeerdelik skuldig bevind is of dat die straf onvanpas is, mag hy vertoë rig aan die Adjunkhoof: Dissipline.

4.3.11        Die Adjunkhoof: Dissipline sal na oorweging van die leerder se vertoë en alle omliggende feite ‘n beslissing maak aangaande die meriete van die geval en indien nodig, die straf wat deur die graadvoog opgelê is.

4.3.12        Waar die graadvoog in oorleg met die tersaaklike onderwyser van opinie is dat die betrokke oortreding van ‘n ernstige aard is, word die aangeleentheid na die Adjunkhoof: Dissipline verwys.

4.3.13        Alle oortredings van die dissiplinêre kode buiten dié vermeld in paragraaf 4.3.7 en 4.3.8 hierbo word direk na die graadvoog verwys wat sodanige oortredings hanteer onder leiding van die Adjunkhoof: Dissipline en die beheerliggaamlid belas met dissipline.

4.3.14        Die graadvoog mag in sy diskresie:

4.3.14.1     Waar ‘n leerder volgens die graadvoog hom moontlik skuldig gemaak het aan ‘n geringe oortreding van die gedragskode die aangeleentheid vir beslegting na die Affie-tribunaal verwys.

4.3.14.2     In gevalle waar ‘n dissiplinêre aangeleentheid deur die graadvoog na die leerder-tribunaal verwys word, hanteer die tribunaal die aangeleentheid in terme van tribunaalreëls wat neergelê is.

4.3.14.3     Na finalisering van ‘n dissiplinêre verrigting word die tribunaal se bevindinge voorgelê aan die graadvoog vir bevestiging van die bevinding, en indien van toepassing op enige straf wat opgelê is.

4.3.14.4     Die leerder-tribunaal is geregtig om indien ‘n leerder skuldig bevind word aan ‘n oortreding, die volgende strawwe op te lê:

4.3.14.4.1  Waarskuwing en/of

4.3.14.4.3  Oplegging van dienstake in skoolverband en/of

4.3.14.4.4  Detensie.

4.3.14.5     Enige leerder wat voor die tribunaal skuldig bevind is aan ‘n oortreding en ‘n straf opgelê is, sal die reg hê om indien hy van opinie is dat die skuldigbevinding of die vonnis onvanpas was, vertoë te rig aan die graadvoog wat gemelde sal oorweeg en finaliseer.

4.3.14.6     Die graadvoog sal in alle gevalle waar die graadvoog van opinie is dat die oortreding nie van so ‘n ernstige aard is dat dit vir verdere hantering na die Adjunkhoof: Dissipline verwys moet word nie, die aangeleentheid onder leiding van die skoolhoof en die beheerliggaamlid belas met dissipline behoorlik ondersoek, wat onder andere insluit die aanhoor van vertoë van die leerder en/of enige ander tersaaklike persoon ten aansien van beide die meriete van die geval of enige straf wat opgelê mag word en die aangeleentheid finaliseer.

4.3.14.7     Die graadvoog is verder gemagtig om indien die leerder skuldig bevind word aan die tersaaklike oortreding enige van die strawwe vermeld in subparagrawe 4.1.3.1 tot 4.1.3.5 hierbo op te lê.

4.3.14.8     Indien ‘n leerder van opinie is dat enige bevinding of straf wat deur die graadvoog gemaak, opgelê of bevestig is, nie korrek is nie, mag hy verdere vertoë rig aan die Adjunkhoof: Dissipline.

4.3.14.9     Waar die graadvoog van opinie is dat die beweerde oortreding van ‘n ernstige aard is, word die saak na die Adjunkhoof: Dissipline verwys vir afhandeling.

4.3.14.10   Waar die Adjunkhoof: Dissipline van opinie is dat die oortreding nie van so ‘n ernstige aard is dat dit vir verdere hantering na die dissiplinêre komitee verwys moet word nie, sal hy die aangeleentheid onder leiding van die skoolhoof en beheerliggaamlid belas met dissipline behoorlik ondersoek, wat onder andere insluit die aanhoor van vertoë van die leerder en of enige ander tersaaklike persoon ten aansien van beide die meriete van die geval of enige straf wat opgelê mag word en die aangeleentheid finaliseer.

4.3.14.11   Die Adjunkhoof: Dissipline is verder gemagtig om indien die leerder skuldig bevind word aan die tersaaklike oortreding enige van die strawwe vermeld in subparagrawe 4.1.3.1 tot 4.1.3.10 op te lê.

4.3.14.12   Waar die Adjunkhoof: Dissipline van opinie is dat die beweerde oortreding van so ‘n ernstige aard is dat dit ‘n verwysing na die dissiplinêre komitee regverdig, word die aangeleentheid na die dissiplinêre komitee verwys vir afhandeling.

4.3.14.13   Die Adjunkhoof: Dissipline moet alvorens die aangeleentheid verwys word na die dissiplinêre komitee, die saak behoorlik ondersoek, wat onder andere insluit gesprekvoering met beide die leerder asook die leerder se ouers of voogde en ‘n aanbeveling aan die dissiplinêre komitee voorlê vir hantering van die aangeleentheid. Sodanige aanbeveling moet ook insluit ‘n aanduiding of berading ‘n gepaste opsie in die bepaalde geval sou wees.

4.3.14.14   Indien die Adjunkhoof: Dissipline egter na ondersoek en gesprekke met die leerder en sy ouers of voogde in staat is om ‘n konsensus te bereik met die leerder en sy ouers of voogde oor ‘n erkenning van skuld, ‘n gepaste straf of toepaslike berading, mag die Adjunkhoof: Dissipline die aangeleentheid so afhandel onderhewig aan bevestiging deur die dissiplinêre komitee.

4.3.14.15   Indien ‘n leerder van opinie is dat enige bevinding of straf wat deur die Adjunkhoof: Dissipline gemaak, opgelê of bevestig is, nie korrek is nie, mag hy verdere vertoë aan die dissiplinêre komitee rig.

4.3.14.16   Die dissiplinêre komitee ondersoek alle dissiplinêre aangeleenthede wat deur die Adjunkhoof: Dissipline na die komitee verwys word en funksioneer ook as appèl en hersieningsliggaam vir enige bevindings van die Adjunkhoof: Dissipline.

4.3.14.17   Waar die dissiplinêre komitee ‘n dissiplinêre aangeleentheid oorweeg, kan gemelde oorweging in die teenwoordigheid van die leerder en sy ouers of voogde geskied.

4.3.14.18   ‘n Leerder asook sy ouers of voogde sal tydens die ondersoek van die dissiplinêre komitee vertoë mag lewer ten aansien van beide die beweerde oortreding asook enige straf wat opgelê mag word en hulle sal ook geregtig wees om enige toepaslike getuies te roep.

4.3.14.19   Indien die dissiplinêre komitee na voltooiing van sy ondersoek ‘n leerder skuldig bevind aan enige oortreding van die gedragskode, mag enige van die gepaste vonnisse en strawwe wat uiteengesit is, in die gedragskode opgelê word.

4.3.14.20   Waar die dissiplinêre komitee van opinie is dat uitsetting uit die skool die gepaste straf sou wees, moet sodanige aanbeveling aan die beheerliggaam vir bekragtiging voorgelê word.

4.3.14.21   Indien die beheerliggaam van opinie is dat die uitsetting van die leerder die enigste gepaste straf sou wees, word ‘n behoorlike voorlegging aan die departementshoof gemaak met ‘n versoek dat magtiging verleen word dat die betrokke leerder uit die skool gesit word. Die leerder sal hangende terugvoering vanaf die departementshoof tydelik van bywoning van die skool geskors word.

4.3.14.22   ‘n Leerder mag na skuldigbevinding en strafoplegging deur die dissiplinêre komitee vertoë ten aansien van beide rig aan die beheerliggaam wat as dié finale instansie ‘n bevinding moet maak ten aansien van beide die meriete en enige straf wat opgelê is.

4.3.14.23   Enige bevinding of strafoplegging van die beheerliggaam word as finale bevinding of straf-oplegging beskou met geen verdere reg op appèl deur ‘n leerder nie, behalwe vir sover Artikel 9 van die Skolewet Nr 84 van 1996 voorsiening maak vir verdere appèl na die Departement van Onderwys.

4.3.14.24   Indien ‘n leerder skuldig bevind word aan ‘n oortreding van die gedragskode, word ‘n gepaste aantekening gemaak.

 

5                Samestelling van dissiplinêre optredes wat tot opskorting of skorsing kan lei:

5.1             Slegs die skoolhoof mag dissiplinêre aksie teen ‘n leerder instel in gevalle van ernstige wangedrag.

5.2             Die skoolhoof mag dissiplinêre aksie teen ‘n leerder neem in gevalle van ernstige wangedrag slegs as daar genoegsame bewys is om so ‘n aksie te regverdig, en die hoof dink dis in belang van die skool en die skoolgemeenskap om so ‘n wangedrag-aksie te loods.

5.3             Dissiplinêre komitee vir ernstige wangedrag

5.3.1          Sodra die skoolhoof ‘n leerder laat weet het dat dissiplinêre stappe teen hom geneem gaan word, moet die beheerliggaam ‘n dissiplinêre komitee saamstel en een van die lede bemagtig om as voorsitter die bewering van ernstige wangedrag te beoordeel.

5.3.2          Onderworpe aan sub-paragraaf (4), moet die dissiplinêre komitee uit drie persone bestaan – wat óf lede van die beheerliggaam is óf persone wat verkiesbaar is tot die beheerliggaam soos aangedui in Algemene Kennisgewing 2591 van 2001 saamgelees met Omsendskrywe 74 van 2007, met dien verstande dat hierdie persone nie ook onderwysers in diens van die skool en/of beheerliggaam is nie.

5.3.3          Die aanstelling van persone tot die dissiplinêre komitee is onderworpe aan die volgende vereistes:

5.3.3.1       Die voorsitter van die dissiplinêre komitee moet ‘n ouer of lid van die beheerliggaam wees of ‘n persoon soos aangedui in Algemene Kennisgewing 2591 van 2001 saamgelees met Omsendskrywe 74 van 2007.

5.3.3.2       Die skoolhoof of ‘n leerder van die skool mag nie lede van die dissiplinêre komitee wees nie en

5.3.3.3       Geen persoon mag aangestel word om in die dissiplinêre komitee te dien as die persoon ‘n belang by die tersaaklike saak het nie.

5.3.4          ‘n Uitvoerende komiteelid van die Affieraad mag die verhoor as ‘n toeskouer bywoon.

 

6                Prosedure vir verhoor van ernstige wangedrag:

6.1             ‘n Leerder wat aangekla word van ernstige wangedrag, is geregtig op ‘n verhoor wat deur ‘n dissiplinêre komitee aangehoor sal word.

6.2             ‘n Leerder wat aangekla word van ernstige wangedrag, moet nie minder nie as 5 (vyf) skooldae vooraf geskrewe kennis ontvang van die verhoor na die vermeende wangedrag, behalwe –

6.2.1          as die beheerliggaam, met goeie rede, bepaal dat ‘n korter kennisgewing moet geld; en/of

6.2.2          daar geen nadeel vir die leerder met betrekking tot die korter kennisgewing is nie.

6.3             Die kennisgewing beoog in sub-paragraaf (6.2) moet –

6.3.1          die datum, plek en aard van die betrokke wangedrag bevat om die leerder te help om die betrokke insident te kan identifiseer en behoorlik daarop te kan reageer;

6.3.2          die leerder in kennis stel van die aanklag, plek, datum en tyd van verhoor;

6.3.3          die leerder in kennis stel rakende voorlopige skorsing, indien enige, die redes daarvoor en ook enige ander sake rakende die voorlopige skorsing en

6.3.4          die leerder in kennis stel van sy regte in verband hiermee.

6.4             Die skoolhoof moet die kennisgewing waarvan in sub-paragraaf (6.2) melding gemaak word, aan die leerder oorhandig en sy ouers moet ‘n kopie daarvan ontvang by die adres wat die skool besit as die leerder se huisadres of ‘n ander metode van skriftelike kommunikasie soos verkies deur die ouers, welke metode per e-pos of faks kan wees

6.5.1          Ten minste een van die leerder se ouers moet die leerder tydens die verhoor vergesel, tensy die leerder 18 (agtien) jaar of ouer is.

6.5.2          Indien die leerder van voorneme is om gebruik te maak van regsverteenwoordiging, moet daar vooraf skriftelike kennisgewing aan die skool gegee word.

6.5.3          Sodanige kennisgewing, soos in 6.5.2 hierbo genoem, moet ten minste 72 uur voor die aanvang van die dissiplinêre verhoor gelewer word.

6.6             Indien ‘n lid van die dissiplinêre komitee, die leerder, sy verteenwoordiger of ‘n ooggetuie die gebruik van ‘n vertaler vereis, mag die dissiplinêre verhoor nie voortgaan voordat ‘n vertaler wat die betrokke taal magtig is, gevind is nie – op voorwaarde dat dit nie nodig is om van ‘n formele gekwalifiseerde vertaler gebruik gemaak hoef te word nie.

6.7             Indien die leerder sou versuim om voor die dissiplinêre komitee te verskyn na die nodige kennisgewing soos uiteengesit in sub-paragraaf (6.2) en sonder ‘n geldige rede om nie die verhoor by te woon nie, mag die verhoor aangaan in die afwesigheid van die leerder.

6.8             Die dissiplinêre komitee moet ‘n volledige en akkurate rekord hou van alle prosedures.

6.9             Die aanklaer moet die verrigtinge by die verhoor begin deur die klag teen die leerder te stel en daarna die saak teen die leerder te stel.

6.10           Die voorsitter van die dissiplinêre komitee moet die leerder vra of hy skuldig of onskuldig pleit op die aanklag. Die leerder moet hierop reageer. Indien die leerder nie reageer nie, sal dit aanvaar word dat hy onskuldig gepleit het op die aanklag.

6.11           Indien die leerder skuldig pleit op die aanklag –

6.11.1        moet die voorsitter die leerder ondervra met betrekking tot die beweerde feite rakende die wangedrag soos uiteengesit deur die aanklaer.

6.11.2        Indien, na ondervraging van die leerder, dit blyk dat die leerder se weergawe van die feite daadwerklik verskil van die van die aanklaer of as die voorsitter nie tevrede is met die feit dat die leerder onteenseglik skuldig is nie, moet die voorsitter ‘n pleidooi van nie-skuldig namens die leerder opper.

6.11.3        Indien die dissiplinêre komitee, of die meerderheid van sy lede, tevrede is dat die leerder skuldig is, moet die komitee die leerder skuldig bevind van die aanklag teen hom.

6.12           Indien die leerder onskuldig pleit op die aanklag –

6.12.1        kan die aanklaer getuies roep of ander bewyse met betrekking tot die aantygings teen die leerder inbring;

6.12.2        mag die leerder of die verteenwoordiger van die leerder vrae stel aan getuies en enige getuienis deur die aanklaer voorgelê, ondersoek;

6.12.3        na al die getuienis teen die leerder gelewer is, mag die leerder of sy verteenwoordiger getuienis roep of enige ander bewyse, ter onderskraging van sy saak, voorlê;

6.12.4        die aanklaer mag enige getuie of enige bewyse van die leerder ondervra/bevraagteken;

6.12.5        die dissiplinêre komitee mag enige getuie ondervra of enige bewyse ondersoek;

6.12.6        na al die getuienis voorgelê is, mag eers die aanklaer en dan die leerder, of sy verteenwoordiger, die dissiplinêre komitee toespreek t.o.v. die leerder se skuld of andersins;

6.12.7        die dissiplinêre komitee moet hierna, indien nodig, verdaag vir nie meer nie as twee skooldae na ‘n spesifieke plek, datum en tyd om te besluit, na inagneming van die bewyse voorgelê, of die leerder skuldig of onskuldig is op die aanklagte en

6.12.8        op die datum en tyd gestipuleer in sub-paragraaf 6.12.7, moet die dissiplinêre komitee die leerder verwittig van die bevinding van die dissiplinêre komitee.

6.13           As die leerder skuldig bevind word aan die aanklag, mag die aanklaer en die leerder of sy verteenwoordiger bewyse aan die dissiplinêre komitee voorlê, relevant tot die toepaslike straf, insluitende, maar nie beperkend nie tot die persoonlike omstandighede van die leerder, algemene rekord van vorige oortredings, die erns en aard van die wangedrag ter sprake, en die belange van die skoolgemeenskap.

6.14           Onmiddellik na inagneming van enige bewyse voorgelê in terme van sub-paragraaf (6.13) moet die dissiplinêre komitee ‘n straf toedien soos uiteengesit in die kode, en die leerder, op skrif, daarvan in kennis stel.

6.15           As die dissiplinêre komitee sou besluit dat die leerder van die skool geskors word, moet ‘n aanbeveling gemaak word aan die departementshoof en mag die leerder dan tydelik geskors word, in konsultasie met die departementshoof in afwagting op die departmentshoof se beslissing of die leerder permanent geskors moet word of nie.

 

7                Verdere bepalings ten opsigte van skorsing, uitsetting en appèl sal geskied in lyn met die Suid-Afrikaanse Skolewet saamgelees met Algemene Kennisgewing 2591 van 9 Mei 2001 met effek 9 Mei 2001, welke inligting beskikbaar is by die skool (Bylaag B):

 

8                Uitsetting en Skorsing vanuit ‘n Koshuis:

8.1             Koshuisleerders is te alle tye onderworpe aan die volle gedragskode van die skool asook die koshuis se interne gedragskode, met dien verstande dat die koshuis se gedragskode en strafbepalings nie onafhanklik van die van die skool uitgeoefen kan word nie.

8.2             Die hoof van die skool en die senior koshuisvader behou die reg voor om ‘n leerder wat die skool- en/of koshuisreëls oortree, tydelik uit die koshuis te skors, of permanente uitsetting uit die koshuis af te dwing.

8.3             Indien ‘n koshuisleerder uit die skool geskors of uitgeset word, word hy ook beskou as uit die koshuis uitgeset of geskors.

8.4             ‘n Leerder mag uit ‘n koshuis geskors of uitgeset word, sonder om uit die skool uitgeset of geskors te word.

 

  1. Akkommodering van godsdienstige en/of kulturele gebruike van leerders en afwyking van algemene skoolreëls sal geskied in lyn met die Suid-Afrikaanse Skolewet saamgelees met Algemene Kennisgewing 2591 van 9 Mei 2001 met effek 9 Mei 2001, welke inligting beskikbaar is by die skool (Bylaag C).

 

  1. Onvanpaste gedrag van ongewenste/onbehoorlike intieme toenadering, omhelsing, onwelvoeglike ontbloting van enige ledemate en/of enige ander vorme van onwelvoeglike aanraking en immorele gedrag, ook opnames daarvan op enige digitale/elektroniese toestelle, sal in lyn met die skool se beleid (Bylaag D) geskied.

 

 

ERNSTIGE WANGEDRAG WAT TOT SKORSING/UITSETTING MAG LEI

 

SKEDULE 1

(ERNSTIGE WANGEDRAG WAT TOT SKORSING MAG LEI)

 

‘n Leerder sal homself skuldig maak aan ernstige wangedrag as hy, doelbewus en sonder goeie rede –

 

          (a) onderrig in ‘n klas ernstig bedreig, ontwrig of frustreer;

          (b) deel het in ‘n sameswering om die behoorlike funksionering van die skool deur massa-aksie te ontwrig;

          (c) enige leerder of ander persoon boelie, afknou, verbaal of op enige ander manier teister, se waardigheid aantas, insluitende rassistiese

                aanmerkings;

          (d) stof versprei, of in besit is daarvan, wat enige iemand in staat sal stel om ‘n onregmatige voordeel in ‘n toets of eksamen te verkry;

          (e) kul in ‘n toets of eksamen of enige ander vorm van assessering soos portefeulje-opdragte;

          (f)  deel het aan enige daad van openbare onsedelikheid;

          (g) enige persoon seksueel teister;

          (h) in besit is van pornografiese materiaal, of die verspreiding daarvan;

          (i)  onder die invloed van alkohol, of in besit daarvan is;

          (j)  ‘n goeie leerkultuur versteur;

          (k) ander leerders ‘n goeie leerkultuur ontneem en

          (l)  afwesig is van detensie sonder vooraf skriftelike verlof van die skool.

 

 

SKEDULE 2

(ERNSTIGE WANGEDRAG WAT TOT UITSETTING MAG LEI)

 

‘n Leerder sal skuldig wees aan ernstige wangedrag as hy –

 

          (a) homself skuldig maak of hy skuldig bevind word aan wangedrag soos vermeld in Skedule 1, na ‘n vorige skuldigmaking of skuldigbevinding aan dieselfde of soortgelyke wangedrag op twee vorige geleenthede;

          (b) nie die bepalings van ‘n skorsing as regstellende maatreël nakom nie of

          (c) doelbewus of sonder grondige rede –

  1. enige dokument of handtekening vervals wat moontlik die skool kan benadeel;
  2. handel dryf in enige toets- of eksamenmateriaal of toets- of eksamenvraestel;

                iii.    enige persoon omkoop of probeer omkoop in verband met enige toets of eksamen, met die doel om vir homself ‘n onregverdige voordeel te bekom;

  1. homself skuldig maak aan bedrog;
  2. diefstal pleeg, of oneerlik optree tot nadeel van ‘n ander persoon;
  3. in besit is, of handel dryf met enige onwettige middel of skadelike middel;

                vii.   in besit is, verbruik of verspreiding van enige dwelmmiddel of ongemagtigde middel, of sigbare bewyse van sulke besit, verbruik of verspreiding;

                viii.  in besit is van enige gevaarlike wapen;

  1. die aanranding of dreigement om ‘n ander persoon aan te rand;
  2. om enige persoon as gyselaar aan te hou;
  3. enige persoon vermoor;

                xii.   enige persoon verkrag, of enige seksuele daad pleeg wat ‘n oortreding volgens wet is;

                xiii.  eiendom kwaadwillig beskadig;

                xiv. ‘n goeie leerkultuur voortdurend versteur;

  1. ander leerders voortdurend van ‘n goeie leerkultuur ontneem;

                xvi. enige ander ernstige, hetsy uiteengesit in skedule 1 of nie, of voortgesette wangedrag pleeg.

 

BELEID OOR SELFONE EN ELEKTRONIESE MEDIA

 

  1. ALGEMEEN:

 

  • Die skool is bewus daarvan dat ‘n selfoon en ander elektroniese kommunikasie-apparate ‘n bruikbare instrument gedurende noodgevalle is.
  • Die skool is verder bewus dat dit ook as effektiewe onderrighulpmiddel deur opvoeders en leerders aangewend kan word.
  • Die gebruik van selfone en ander elektroniese kommunikasie-apparate deur leerders tydens skoolure, veroorsaak egter konsentrasie- en dissiplinêre probleme en maak daarom die implementering van streng reëls met betrekking tot die gebruik van selfone en ander kommunikasie-apparate noodsaaklik.
  • Die gebruik van ‘n selfoon of ander elektroniese toestel by die skool is dus ‘n voorreg en nie ‘n reg nie.
  • Die skool se sosiale mediabeleid (Bylaag D) sal op alle leerders van toepassing wees.

 

  1. GEBRUIKSTYE:

 

2.1          Leerders word geheel en al ontmoedig om enigsins ‘n selfoon of ander elektroniese toestel skool toe te bring.

2.2          Indien leerders egter wel ‘n selfoon of elektroniese toestel skool toe bring, moet die toestel afgeskakel en buite sig gebêre word met die aanvang van skool om 7:25.

2.3          Toestelle mag slegs voor skool en na skool gebruik word.

 

  1. PROSEDURE BY OORTREDING:

 

3.1          Indien ‘n leerder se selfoon of elektroniese toestel afgeneem word tydens skoolure omdat hy die reël oortree het, word die apparaat aan        die toepaslike Adjunkhoof oorhandig wat dit in die kluis sal stoor.

 

3.2          EERSTE OORTREDING

               3.2.1       Die selfoon of elektroniese toestel sal vir ‘n periode van 10 skooldae in veilige bewaring gehou word.

               3.2.2       Die leerder se ouers sal in kennis gestel word.

               3.2.3       Die leerder sal ‘n boete van R 200 by die finansiële kantoor betaal en ‘n kwitansie ontvang.

               3.2.4       Die leerder kan, met die kwitansie as bewys van betaling, die toestel by die hoof se sekretaresse aan die einde van die skooldag afhaal.

               3.2.5       Die leerder sal skriftelike ontvangs van die toestel erken.

 

3.3          TWEEDE OORTREDING

               3.3.1       Die selfoon of elektroniese toestel sal vir ‘n periode van 20 skooldae in veilige bewaring gehou word.

               3.3.2       Die leerder se ouers sal in kennis gestel word.

               3.3.3       Die leerder sal ‘n boete van R 300 by die finansiële kantoor betaal en ‘n kwitansie ontvang.

               3.3.4       Die leerder ontvang ‘n direkte gedragsdetensie.

               3.3.5       Die ouer of voog van die leerder kan per afspraak, met die kwitansie as bewys van betaling, die toestel by die Adjunkhoof: Dissipline aan die einde van die skooldag afhaal.

               3.3.6       Die ouer of voog sal skriftelike ontvangs van die toestel erken.

 

3.4          DERDE EN VERDERE OORTREDINGS

               3.4.1       Die selfoon of elektroniese toestel sal vir ‘n periode gelykstaande aan ‘n kwartaal in veilige bewaring gehou word.

               3.4.2       Die leerder se ouers sal in kennis gestel word.

               3.4.3       Die leerder sal ‘n boete van R 500 by die finansiële kantoor betaal en ‘n kwitansie ontvang.

               3.4.4       Die leerder ontvang ‘n direkte gedragsdetensie.

               3.4.5       Die ouer of voog van die leerder kan per afspraak, met die kwitansie as bewys van betaling, die toestel by die Adjunkhoof: Dissipline aan die einde van die skooldag afhaal.

               3.4.6       Die ouer of voog sal skriftelike ontvangs van die toestel erken.

                

3.5          By voortgesette oortredings kan die leerder verbied word om sy selfoon of elektroniese toestel enigsins op die skoolperseel te bring.

 

PROSEDURE VIR DETENSIEKLASSE, UITTEKEN, AFWESIGHEDE, TOETSE EN EKSAMENS

 

  1. Detensie

 

1.1        Detensieklasse word gehou vir leerders wat akademies en dissiplinêr oortree. Leerders wat die leerkultuur op enige wyse versteur, word na so ‘n klas verwys.

1.2        Detensie word deur graadvoogde opgelê op grond van inligting wat deur die onderwyserkorps aan hulle verskaf word.

1.3        Leerders word gewoonlik voor of op Woensdae van die detensie in kennis gestel, wat dan die eerskomende Vrydag of Maandag van 14:00 tot 17:00 plaasvind, tensy anders deur die skool gekommunikeer. Leerders moet op die detensielys teken wat as bevestiging dien dat hy van sy detensie in kennis gestel is. Indien ‘n leerder appèl wil aanteken, moet hy op die detensielys aandui dat hy wil appelleer. Die formele appèl moet teen Woensdag pouse persoonlik by die graadvoog gedoen word. Indien geen appèl aangeteken word nie, word die leerling se hand-tekening as skulderkenning aanvaar.

1.4.1     Wanneer die leerder die detensiekennisgewing onderteken, sal hy in kennis gestel word of die detensie ‘n gedrags- of huiswerkdetensie is met dien verstande dat alle gedragsdetensies op Vrydae afgehandel word en alle huiswerkdetensies op Maandae afgehandel word.

1.4.2     ‘n Leerder wat ‘n gedragsdetensie moet aflê op ‘n Vrydag is geregtig om EEN maal per kwartaal ‘n skriftelike versoek aan die graadvoog te rig vir uitstel vir ‘n bepaalde detensieklas. Só ‘n versoek moet voor die einde van die skooldag waarop hy kennisgewing ontvang het van die detensie, skriftelik gedoen word by die graadvoog. Hierdie detensie sal dan op die daaropvolgende Vrydag afgelê moet word.

1.4.3     ‘n Leerder wat ‘n huiswerkdetensie op ‘n Maandag moet aflê, is geregtig om skriftelik ‘n versoek aan die graadvoog te rig vir uitstel vir ‘n bepaalde detensieklas. Só ‘n versoek moet voor die einde van die skooldag waarop hy kennisgewing ontvang het van die detensie, skriftelik gedoen word by die graadvoog. Hierdie detensie sal dan op die Vrydag afgelê moet word.

1.5        Ouers moet hulle vervoerreëlings dus so aanpas dat ‘n leerder die volle duur van die detensieklas kan sit.

1.6        Ouers moet nie afsprake vir lisensies, doktersbesoeke, ens. in dieselfde tyd as detensieklasse maak nie. ’n Leerling word ook nie toegelaat om gedurende detensietyd aan kulturele aktiwiteite of aan sport deel te neem nie.

1.7        Indien ’n leerling sonder vooraf skriftelike toestemming afwesig is, word slegs ’n mediese sertifikaat as verskoning aanvaar en word die detensie vir die volgende Vrydag opgelê. Indien ’n mediese sertifikaat nie aangebied kan word nie, word daar aanvaar dat die detensieklas ontduik is.

1.8        Leerders wat nie by die detensie opdaag nie, se oortreding word in ‘n baie ernstige lig beskou. Leerders ontvang ‘n ernstige waarskuwing en word twee ekstra detensies opgelê. Leerders se deelname aan alle buitemuurse aktiwiteite word ook opgeskort totdat die eerste detensieklas bygewoon is.

1.9        Leerders moet om 13:50 by die detensieklas aanmeld.

1.10      Leerders moet netjies in skooldrag geklee wees en slegs hulle pen en beplanningsgids in die lokaal inneem.

1.11      In die detensieklas moet die helfte van die gedragskode teen 15:30 uitgeskryf wees.

1.12      Na ‘n pouse van 10 minute word daar van elke leerder verwag om 15:40 in die klas terug te wees om die oorskryf van die erekode te voltooi, waarna hy om 17:00 die klas mag verlaat.

1.13      Geen drink- en eetgoed of selfone mag in die lokaal ingeneem word nie. Leerders mag ook nie tydens hierdie sessies praat nie.

1.14      Leerders wat enige van die reëls van die detensieklas oortree, sal die detensie moet herhaal.

1.15.1   Indien ‘n leerder drie detensies ontvang het, sal die betrokke graadvoog met die leerder ‘n gesprek                   voer in ‘n poging om ‘n gedrag- en / of gesindheidsverandering teweeg te bring.

1.15.2   Indien ‘n leerder vier detensies ontvang het, sal die ouers geskakel word vir ‘n gesprek met die graadvoog en betrokke onderwysers. Indien ‘n leerder hom hierna weer skuldig maak aan soortgelyke gedrag, sal hy na die relevante Adjunkhoof vir verdere optrede verwys word.

1.15.3   Indien ‘n leerder ses detensies ontvang het, sal die ouers geskakel word vir ‘n gesprek met die betrokke Adjunkhoof en onderwysers. Indien ‘n leerder hom hierna weer skuldig maak aan soortgelyke gedrag, sal hy na die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam vir verdere optrede verwys word.

1.16      Leerders wat aan die einde van die tweede en laaste kwartale nog uitstaande detensies het, sal tydens die eerste week van die eksamen daagliks vanaf 14:00 tot 17:00 detensie aflê totdat alle uitstaande detensies afgehandel is en/of die leerder se tuisstudie tydens eksamens sal opgeskort word en daar sal van hom verwag word om by die skool te studeer, tensy anders deur die skool bepaal.

 

  1. Uittekenprosedure: Afsprake gedurende skooltyd

 

2.1        Die versoek moet ‘n dag voor die tyd gerig word via die elektroniese skakel wat per nuusbrief aan die ouers gestuur is aan die begin van die jaar.

2.2.       Die ouer moet die dag waarop hy/sy die leerder wil uitteken, persoonlik by die kantoor aanmeld, waarop hy/sy na die betrokke personeellid en die klas waarin die seun hom bevind, verwys sal word.

2.3        Die uittekenbrief wat by die kantoor verkry is, moet by die sekuriteitswag ingehandig word alvorens die seun die terrein mag verlaat.

2.4.       Geen leerder sal toegelaat word om die klaskamer te verlaat indien hy nie deur die ouer persoonlik afgehaal word nie. ’n Ouer kan dus onder geen omstandighede ‘n SMS aan die leerder stuur met die opdrag om hom/haar by die kantoor te ontmoet nie.

2.5.       Alle leerders moet deur die ouer of voog uitgeteken word. Geen leerder sal toegelaat word om saam met ’n ander persoon die terrein te verlaat nie, mits die ouer/voog ‘n dag voor die tyd die skool skriftelik daartoe gemagtig het. In sodanige geval moet die betrokke persoon sy of haar ID toon alvorens die seun die terrein mag verlaat.

2.5.1     Indien ouers in gebreke bly om die dag voor die tyd skriftelik toestemming te vra, sal die volgende reëlings geld:

2.5.1.1  Die ouer moet eers via die elektroniese skakel toestemming vra en die rede vir uitteken verstrek.

2.5.1.2  Die versoek sal eers verwerk word deur die ontvangskantoor en daarna verwys word na die Adjunkhoof aan diens vir verwerking.

2.5.1.3  Sodra die betrokke Adjunkhoof die versoek verwerk het, sal die ontvangskantoor in kennis gestel word en kan die normale prosedure gevolg word.

2.6.       ‘n Leerder moet tot 10:00 by die skool wees om aanwesig gemerk te word.

2.7.       Geen uitsonderings om vroeër uit te teken, sal voor vakansiedae, langnaweke, vakansies of openbare vakansies gemaak word nie.

2.8.       Geen leerder sal voor 10:00 uitgeteken word nie. Indien ’n afspraak voor 10:00 nagekom moet word, moet die leerder eers na afloop van die afspraak skool toe kom. Wanneer hy arriveer, moet hy in die ontvangskantoor aanmeld, sodat hy aanwesig gemerk kan word.

2.9.       Indien koshuisleerders ongesteld is en ‘n dokter moet besoek, moet hulle by mnr. Coetzee (Frank le Roux) of mnr. Wessels (Pannevis) aanmeld. Hulle sal dan die situasie evalueer, dokters-afsprake maak en die seuns uitteken, indien nodig. Leerders wat versoek om in die koshuis se siekekamer opgeneem te word, moet by hierdie persone die nodige toestemming kry.

2.10      Geen afsprake vir fisioterapie  sal tydens skooltyd toegelaat word nie.

 

  1. Afwesighede

 

3.1.       Alle leerders word tydens die samekoms in die vierkant en registerperiode voor 08:00 gekontroleer.

3.2.       Indien ‘n leerder nie in die klas is nie, sal sy ouers deur middel van ’n e-pos in kennis gestel word. Die ouer sal terselfdertyd versoek word om sy afwesigheid skriftelik te motiveer. Hierdie e-pos moet ‘n dag voor die tyd, maar in uiterste gevalle op die oggend van die afwesigheid, aan sy voogonderwyser gestuur word.

3.3.       Indien ’n leerder tydens ’n kontrolesessie ‘n afspraak elders moet nakom, moet hy eers by die voogonderwyser aanmeld en toestemming kry om die klas te verlaat.

3.4        Indien ‘n leerder laat is vir skool, moet hy by die ontvangskantoor aanmeld om seker te maak dat sy naam nie op die afwesigheidslyste verskyn nie. Indien ‘n leerder op ‘n toetsdag laat is, meld hy direk by die voogklas aan.

3.5        Indien enige van die bovermelde afwesigheidsreëlings nie nagekom word nie, sal daar teen die leerder opgetree word.

 

  1. Toets- en Eksamenregulasies

 

Dit is in elke leerder se beste akademiese belang om teenwoordig te wees vir elke assesseringsopdrag (portefeuljes, toetse en eksamens).

 

Sieketoetse en -eksamens sal slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word. Leerders se punte sal bereken word volgens toetse en portefeuljes wat wel geskryf is. 

 

4.1        Toetse:

  1. a) Indien ’n leerder afwesig is tydens ’n kwartaaltoets, moet ’n mediese sertifikaat by die betrokke vakonderwyser ingedien word.
  2. b) Indien ’n mediese sertifikaat nie aangebied kan word nie, of hy nie vir die toets opdaag nie, word nul toegeken.

            

4.2        Eksamens:

  1. a) Indien ’n leerder afwesig is tydens ’n eksamen, moet ’n mediese sertifikaat by die betrokke graadvoog ingedien word.
  2. b) Indien ’n mediese sertifikaat nie aangebied kan word nie, of hy nie vir eksaminering opdaag nie, word nul toegeken.

 

4.3        Handboeke:

  1. a) Die Afrikaanse Hoër Seunskool reik ‘n stel handboeke uit aan elke leerder volgens die vakke wat hy neem.
  2. b) Leerders en hul ouers / voogde onderneem om die stel handboeke na die beste van hul vermoë op te pas, en in ‘n goeie toestand terug te besorg aan die skool
  3. b) Die Ouers / voogde onderneem om vir die handboek(e) te betaal indien dit verlore raak en / of verniel word.
  4. c) Geen handboeke sal vervang word alvorens ‘n leerder nie ‘n amptelike kwitansie kan toon daarvoor nie.

 

 

                  Handtekening: Ouer/Voog                                  Handtekening: Leerder

 

 

 

MEDALJES, EREKLEURE EN ANDER TOEKENNINGS

 

Die skool gee vir alle aktiwiteite binne en buite skoolverband waarin ‘n leerder presteer, d.m.v. medaljepunte erkenning.

 

Medaljepunte word per aktiwiteit per jaar verdien. Dit word onder andere toegeken vir ligawenners, provinsiale of nasionale deelname in spanverband of provinsiale/nasionale wenners of naaswenners indien dit ‘n individuele prestasie is. ‘n Maksimum van 5 punte kan per jaar per aktiwiteit toegeken word.

 

Medaljepunte word toegeken vir:

       –  Akademie

       –  Sport

       –  Kultuur

       –  Leierskap

 

Indien ‘n leerder 20 punte behaal, verdien hy ‘n bronsmedalje.  Na 35 punte kry hy ‘n silwermedalje en na 55 ‘n goue medalje. Medaljes word aan graad 10 tot 12 leerders toegeken alhoewel punte reeds van graad 8 af bymekaargemaak word. Slegs prestasies wat behaal is terwyl ‘n leerder aan AHS verbonde is word in aanmerking geneem.

 

Medaljes word tydens die Oktober-prysuitdelingsfunksie aan leerders gegee. By hierdie geleentheid ontvang presteerders ook trofeë en ander toekennings.

 

Daar word deurlopend (graad 8 tot 12) rekord gehou van prestasies.

 

Erekleure (balkies) word slegs aan leerders toegeken vir aktiwiteite wat deur die skool aangebied word.

 

Akademiese erekleure word tydens die Februarie-prysuitdeling aan leerders oorhandig wat in die vorige jaar ‘n gemiddeld van 80% of hoër behaal het. Erkenning word ook by hierdie funksie vir die beste presteerders in die onderskeie vakke gegee. In die jaarblad word daar elke jaar ‘n lys van hierdie toekennings en eervolle vermeldings geplaas.