Matriekuitslae, 2023

Die matrieks van 2023 het op 19 Januarie hul uitslae by die skool kom afhaal.

Al 244 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag, waarvan 91,8% met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 410 A-simbole, waarvan 99 A+ simbole is (90% of hoër).

Die gemiddeld van die leerlinge, alle vakke ingereken, is 69%.

Ses Affie-seuns spog met ‘n gemiddelde persentasie van 90% of hoër, met Wian van Rooyen wat ‘n uitmuntende gemiddeld van 96,3% behaal. Die ander vyf, in alfabetiese volgorde, is Stephan Ehlers, George Gie, Delano Kemp, Uys Prinsloo, en Philip van Tonder.

George Gie en Magnus Venter behaal die meeste onderskeidings en spog met 9 A’s elk.

Seuns wat 8-onderskeidings behaal het is Gustav Bond, Stephan Ehlers, Delano Kemp, Steph Labuschagne, Uys Prinsloo, Wian van Rooyen en Philip van Tonder, terwyl Wikus Bornman, Divan Burger, Hein Claassen, Ignus Ferreira, Barend Fourie, Louis Hartslief, John-Thomas Swanepoel, Stephan van Niekerk, Christiaan Wentzel en Anderson White elk 7 A’s behaal het.

Tien kandidate het 6 onderskeidings behaal, en 9 kandidate het 5 A’s.