Erekode

  • In ons skool gee ons die ereplek aan God en is dankbaar vir die talente wat ons van Hom ontvang het. 
  • In aansluiting by die gees van die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: mag God ons skool seën.
  • Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.
  • Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.
  • Ons woord is ons eer.
  • Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit.
  • Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.
  • Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.