Daar ruis uit Pretoria
die roep tot verre trans
van duisende stemme
vir jou, ou Afrikaans!
Dit bind ons tesame,
die naam van ons trou
soos berge so stewig gebou vir jou!
Ons bring jou ons hulde,
jou lig sal ons dra
tot ver oor ons wye Suid-Afrika.
Ons staan vir ons Nasie,
ons Taal en ons Land,
gestaal vir die stryd
om jou lig te laat brand.
Ons grootse verlede,
die hede se krag
gee moed en vertroue
vir dit wat daar wag.
Ons bring jou ons hulde,
jou lig sal ons dra
tot ver oor ons wye Suid-Afrika.

Woorde en musiek: Mnr en mev Carel van Heerden (1952)