Op junior vlak (O/14 & O/15) beveel ons aan dat seuns algemene kondisioneringsprogramme volg. Hierdeur wil ons verseker dat alle aspekte van fisieke ontwikkeling by die seuns plaasvind. Ons beveel nie aan dat seuns voor die ouderdom van 16 spesialiseer nie, aangesien verskeie aspekte van ontwikkeling dan nie optimaal plaasvind nie (wetenskaplik bewys). Agter in die gimnasium is ‘n spesifieke area ingerig waar die junior seuns veilig en optimaal kan oefen.
Op senior vlak word spesifieke programme, volgens individuele behoeftes wel opgestel. Die onderskeie sportsoorte se programme word ook afsonderlik, volgens die vereistes van die spesifieke sport opgestel. Aangesien die seuns op junior vlak alle aspekte van kondisionering voltooi het, is dit veilig om dan voort te gaan met spesifieke ontwikkeling/versterking.