Fietsry

Geskiedenis

Affie-fietsry word in 2013 ‘n amptelike skoolsport en die span neem aan die Spur-reeks vir bergfitsry deel. Van `n nederige begin het fietsry só gegroei dat Affies in 2014 na die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskap uitgenooi is. Die Affie-span het amptelike fietsrydrag. Die eerstespan staan as die Witspeke bekend.

Geleentheid tot deelname

Daar word voorsiening vir alle fietsryers, ervare en onervare, gemaak. Gedurende die eerste, tweede en derde kwartaal word daar aan kompetisies deelgeneem.

Toernooie en toere

By die Spur-interskolereeks neem Affies saam met meer as 280 skole deel. In 2015 het die fietsryspan 11de geëindig by die Nasionale Kampioenskap. In 2016 wen Affies die seuns-afdeling van die Gauteng Spur-skolereeks en die fietsryspan het vyfde geëindig by die Nasionale Kampioenskap. In 2017 het Affies 5e geëindig in die Spur-reeks se nasionale eindronde. Die fietsryspan neem ook tydens die jaarlikse interskole teen Grey Kollege en Maritzburg College deel. Daar word ook fietsrykampe op die skoolplaas buite Waterval-Onder aangebied.