Jukskei

Geskiedenis

Die simboliese ossewatrek van 1938 om die Groot Trek-eeufees te vier, het ‘n nuwe belangstelling by die Afrikaner in sy kultuurgoedere, waarvan jukskei een was, wakkergemaak. By Affies het die seuns en die personeel ywerig aan vriendskaplike byeenkomste deelgeneem en skole soos Helpmekaar en Hoërskool Rustenburg is die stryd aangesê. Die skool se eerste amptelike jukskeilaer is egter eers in 1941 gestig. In 1943 is die skolekompetisie in ‘n junior en ‘n senior liga verdeel om meer leerlinge die geleentheid tot deelname te gee. In 1944 het jukskei deel van die skool se interhuiskompetisie geword en in 1946 het AHS en AHMP vir die eerste keer ‘n gemengde span saamgestel. Na 1956 het die spel egter aanhang onder die seuns begin verloor en kort daarna van die Affie-toneel verdwyn. In 2008 het die spel weer by die skool herleef.

Prestasies

Sewe spelers in die provinsiale span. Een speler in die nasionale span wat ‘n toets teen Namibië gespeel het.

Twee spelers in die provinsiale span. Beide word tot die nasionale en akademiespanne verkies. Een speler word gekies vir die nasionale span wat ‘n toets teen Namibië gespeel het.

Vyf spelers dring na die tweede ronde van die Noord-Gautengproewe deur.

Twee spelers in die provinsiale span

Drie spelers in die provinsiale span

Geleentheid tot deelname

Alle graad 8’s is welkom om aan die o/14-proewe deel te neem. Die skool het ‘n o/14-, o/16- en ‘n oopspan.

Opponente van die afgelope twee jaar

Plaaslik speel Affies teen talle Pretoria-skole. Die Gauteng Noord Skole-liga vind jaarliks gedurende September plaas. In die eerste week van Desember vind die SA Skoletoernooi in Kroonstad plaas waar die nege provinsies kragte meet.

Toernooie en toere

Affies is sedert 2012 `n permanente lid van die Founders Festival. Dit bring mee dat die o/19A, o/16A en die o/14A spanne aan jaarlikse toernooie teen Northwood (Durban), Paul Roos Gimnasium, (Stellenbosch) Kearsney College (Durban), Potchefstroom Boys High, Dale College (King Williamstown), Rondebosch en SACS (beide Kaapstad) blootgestel word.

In 2020 het die o/19A, o/19B, o/16A, o/16B, o/15A o/14A en o/14B aan verskeie toere deelgeneem. Die o/19A’s het aan die Brian Hibbert Beker in Port Elizabeth deelgeneem terwyl die o/19B, o/16B, o/15A, en o/14B spanne in die Keith Fairweather Festival in Kwazulu-Natal deelegeneem het.  

Fasiliteite

Affies beskik ook sy eie jukskeibane. In 2012 het Affies 20 ander skole vir die Suid-Afrikaanse Skoletoernooi ontvang.