Affies lewer top skaakspelers op .Die skool lewer jaarliks spelers op wat in die provinsiale span opgeneem word.
Vanaf 2004 tot 2010 was die senior Affie-skaakspan die wenners van die Nasionale Kampioenskap.
In 2011 wen Jacques Stander die SA Junior Ope Toernooi. Saam met Tiaan Coetzee word hy ook gekies om Suid-Afrika by die Wêreldjeugkampioenskap in Griekeland te verteenwoordig. Wian Pretorius, nog ‘n oud-Affie, is reeds vir die afgelope agt jaar deel van die SA-span in sy ouderdomsgroep en ook in hoër ouderdomme. Hy het reeds op 16-jarige ouderdom as arbiter gekwalifiseer.
In 2016 het al die Affie-spanne in die D4-liga deurgedring het na die uitspeelrondtes. Die o/15 A- en o/19-spanne het vir die Gauteng Skole Spankampioenskap gekwalifiseer. Veertien spelers het provinsiale kleure verwerf.