Swem is die eerste keer in 1929 as sportsoort by Affies beoefen. In 1932 was die Afrikaanse Hoër Seunskool die eerste skool in Pretoria wat ‘n swembad gebou het.
Geleentheid tot deelname
Affies bied ‘n graad 8-gala aan voordat die interhuisspanne gefinaliseer word. Twee swemspanne (ongeveer 25 lede elk) word na afloop van die interhuis saamgestel wat die skool in die Pretoria A- en B-liga en die Johannesburg A-liga verteenwoordig. In 2020 het Affies se A- en B-spanne aan 12 galas deelgeneem. Affies het ook in 2018 vir die eerste keer aan die Westville Boys High uitnodigingsgala deelgeneem. In Johannesburg swem die seuns ook in die aflosinterhoër. Gedurende die vierde kwartaal word daar aan verskeie vriendskaplike galas deelgeneem.
Opponente
Pretoria-liga: Pretoria Boys High, Menlopark, St Albans, Cornwall Hill College, Hatfield Christian School, Garsfontein, Montana, Southdowns College, Midstream College, Menlopark, Woodhill College, Waterkloof, Zwartkop, Curro Hazeldean en Tyger Valley College
Johannesburg-liga: Pretoria Boys High, St David’s, St Benedict’s, St Stithians, King Edward School, St John’s, Parktown, Jeppe en CBC Boksburg
(Affies is die enigste Afrikaanse skool wat in hierdie liga swem.)
Fasiliteite
Danksy die nuwe verhittingstelsel en die termiese kombers waarmee die swembad gedurende die winter bedek word, kan oefeninge ook in die wintermaande plaasvind. In 2016 is die paviljoene rondom die swembad opgradeer om meer toeskouers te akkommodeer.
Spesiale Gala`s
Affies bied in 2020 ‘n uitnodigingsgala aan waarna Grey Kollege, PBHS, St Benedict’s, St Davids, Westville, Maritzburg en Glenwood uitgenooi is.
AHS is in 2020 na die Westville Uitnodigingsgala ( Nestor Perides Memorial Gala) genooi waar hulle kragte gemeet het teen Westville, Grey Kollege, St David’s, St Benedict’s, Clifton, Maritzburg College, Glenwood, Kearsney, Durban High School, en Hilton en Northwood.
In 2015 het drie seuns aan die vlak 3-kampioenskap deelgeneem. Louw Oberholzer het ‘n tweede plek in die 200 m-rugslag en twee derde plekke in die 100 m-rugslag en 200 m-wisselslag behaal. Dylan van Heerden en Benjamin van Staden (graad 12 in 2015) het ook baie goed presteer.
In 2014 neem vyf seuns aan die SA Vlak 3 Senior/Jeug Nasionale Kampioenskap deel. Louw Oberholzer behaal `n tweede plek in die 200 m-rugslag en ‘n derde plek in die 200 m-borsslag. BF Burger behaal `n derde plek in die 200 m-vlinderslag.