Tafeltennis

Geskiedenis

Tafeltennis word reeds sedert 1960 by Affies aangebied. Sedertdien word daar jaarliks in die tweede en derde kwartaal aan die Gauteng-liga deelgeneem.

Geleentheid tot deelname

Drie Affie-spanne neem in die Gauteng-liga teen skole soos die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Zwartkop, Oos-Moot, Wonderboom, Pretoria Chinese School, John Vorster, HTS Tuine, Overkruin, Boys High en Gerrit Maritz deel.

Prestasies

1ste span: 2de plek in liga

2de span: 2de plek in liga

3de span: 1ste plek in liga

Toernooie en toere

Die tafeltennisspan reis saam met die skool om saam met die ander aktiwiteite aan interskole teen Grey Kollege en Maritzburg College deel te neem.

Fasiliteite

Die skool se tafeltennislokaal met ses tafels is op Maandae-tot Donderdagmiddae van 14:00 tot 16:00 tot die seuns se beskikking.