Ryno Seegers het in 1975 die skool se eerste oud-leerling geword wat Springbokkleure verwerf het. Na hom het Deon Joubert, Johan Kriek en Danie Visser gevolg.
In 2012 speel Ruben Alberts in die Afrika-beker, een van slegs twee spelers in die land. Zahndré de Kock word as nommer 1-speler in Suid-Afrika se o/17-span opgeneem wat teen ‘n Skotse junior span gespeel het.
In 2014 word Ruben Alberts uitgenooi om saam met die Davisbekerspan te oefen en Cornelius Rall word vir die SA Skolespan gekies. Affies se eerste span wen die Grey-toernooi, asook die Kearsney-toernooi.
In 2015, 2016 en 2017 haal Christiaan Worst die nasionale span.