Orkeste

Geskiedenis

Affies se eerste orkes, ‘n Boeremusiekorkes, is in 1940 in die lewe geroep. Die sukses wat die orkes in 1941 in ’n nasionale kompetisie behaal het, het tot twee radio-uitsendings gelei. Die skool se eerste kadetorkes het in die vroeë 1950’s ontstaan. In 1975 is daar met die totstandkoming van ’n kamerorkes vir die eerste keer van strykers gebruik gemaak. Sedert die totstandkoming van Affies se Musiekdepartement in 1991, het die orkeste met rasse skrede vooruitgegaan.

Geleentheid tot deelname

Die skool beskik tans oor ‘n 4 orkeste naamlik ‘n konsertorkes, ‘n swing-ensemble (wat hoofsaaklik musiek met ‘n tipiese jazz- en swing-aanslag speel), ‘n strykorkes en ‘n kitaarorkes.  Leerders wat musiek as vak neem kan jaarliks oudisies doen vir deelname in die orkeste en en kleiner ensembles.

Ongeveer 80 seuns is betrokke by een of meer van die Affie-orkeste. Verskeie van die Affie-orkeslede speel ook in die provinsiale jeugorkes, Simfonia Juventi.

Toergeleenthede en optredes

Benewens die talle interne skoolfunksies waarby die Affie-orkeste optree, bied hulle ook jaarliks ’n etensuurkonsert by UP aan, neem deel by die koor se soirée, en tree by interkultuurkonserte saam met Grey Kollege, Maritzburg Kollege en Waterkloof op. Die orkeste is ook jaarliks by die gewilde Vierskolekonsert op die verhoog.

Die orkeste neem ook aan kunstefeeste soos die Pretoria Eisteddfod en die Afrikaanse Kunsvereniging deel. 

Prestasies

Strykorkes

Pretoria Eisteddfod: A+ (88%)

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A+

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A++ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A++ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A+

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A++ 

Konsertorkes

Pretoria Eisteddfod: Algehele wenner, A++ (95%)

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A+

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A+ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A+

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A++ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

Swing Ensemble

Pretoria Eisteddfod: A++ (90%)

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: Algehele wenner, A++ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) Kunswedstryd: A++ 

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++