Nuwe bouprojekte vir 2022

Ten einde Affies  se onderrigfasiliteite vérder te verbeter, neem bouwerk aan 14 nuwe klaskamers in 2022 ‘n aanvang.  

Die nuwe gebou word op die oostelike wal van die B- en C-rugbyveld opgerig en vervang die vyf tydelike klasse wat in die jare negentig noodgedwonge opgerig moes word, nadat die skool se oorskakeling na Model C ‘n ongekende groei in leerlingtal tot gevolg gehad het.

Die argitek, Engela White , ‘n Affie-ouer, het haar inspirasie hoofsaaklik geput uit elemente van die Joubert-huis  waarin die Afrikaanse Hoërskool, die moederskool van die Afrikaanse Hoër Seunskool en die Afrikaanse Hoër Meisieskool, in 1920 die lig gesien het.