Waterpolo

Geskiedenis

Die Afrikaanse Hoër Seunskool bied sedert 1954 waterpolo as sportsoort aan. Die eerste wedstryd is teen Pretoria Boys High gespeel.

Geleentheid tot deelname

Waterpolo word in die eerste en die vierde kwartaal gespeel. Die skool het tans veertien spanne: 0/14A, B,C en D,  0/15A , B,  C en D, 0/16A, vyfde, vierde,  derde, tweede en eerstespan. Met 13 spelers per span gee dit 182 seuns geleentheid om deel te neem. Voornemende Affies is welkom om reeds aan die einde van hul graad 7-jaar in November by oefeninge in te skakel.

Prestasies

Ses Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.

Sestien Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.

Vyftien Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.

Sewentien Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-Span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.

Geen deelname as gevolg van Covid-19.

Geen deelname as gevolg van Covid-19.

Die eerste span behaal ‘n derde plek by die Grey Kollege-toernooi in Bloemfontein.

Vyf spelers is tot die Gauteng-Noordspan verkies.

Opponente van die afgelope twee jaar

Jeppe, Pretoria Boys High, St Stithians, KES, Parktown, St Albans, Crawford College, St. John`s, Clifton, Wynberg en Grey Kollege, sowel as talle ander.  Affie-waterpolo skakel ook by die Woensdagaandliga vir senior klubs soos Tuks, Pretoria Old Boys, Coelacanths en Northern Crocs in.

Toernooie en toere

Die eerstespan speel jaarliks in die Grey Kollege-toernooi in Bloemfontein, die PBHS Festival, en die Clifton-toernooi. Die o/16`s neem jaarliks aan die DHS-toernooi in Durban deel. Die o/15’s neem aan die Indigo-toernooi by Parktown Boys High en die Ian Melliar Cup by Wynberg Boys High in Kaapstad deel, asook die Reddam Helderfontein toernooi. Die o/14’s speel in die Ken Short Shield te Jeppe Boys High, en die Grey Kollege- toernooi in Bloemfontein, asook die Reddam Helderfontein Feestoernooi. In 2013 het die senior spelers ‘n baie suksesvolle toer na Hongarye, Oostenryk en Slovakië onderneem.

Fasiliteite

Danksy die verhittingstelsel en die termiese kombers waarmee die swembad gedurende die winter bedek word, kan oefeninge ook in die wintermaande plaasvind. In 2014 is die paviljoene rondom die swembad opgradeer om meer toeskouers te akkommodeer.