Vakature

Departementele pos:

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwyspos beskikbaar:

Departementshoof (posvlak 2): Tegniese vakke (IGO gr. 10 tot 12 en Tegnologie gr. 8 en 9)

Aansoeke en sluitingsdatum:

Die pos verskyn op bl. 193 van die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se VAKATURELYS 02 VAN 2025.

 GDO-posnommer: TS25ED1040.

Let wel, alle aansoeke moet streng volgens die GDO-riglyne geskied en teen Dinsdag, 09 Mei, voor 16:00 by die Tshwane-Suid distrikskantoor ingehandig wees.

Klik hier vir die SAOU se nuusbrief met inligting oor die aansoekproses.

Aansoekers word aangemoedig om bykomend tot die GDO se aansoekproses, ‘n volledige CV met bewys van kwalifikasies aan Afrikaanse Hoër Seunskool by cv@affies.co.za te stuur.

Internskap:

Beheerliggaampos:

Koshuispos:

Huis Frank le Roux van die Afrikaanse Hoër Seunskool het ’n vakature vir ’n voltydse Algemene Assistentbestuurder (nie-inwonend), vir diensaanvaarding in Maart 2025.

PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE

  • Toesighoudende verantwoordelikheid vir die versorging, skoonmaak en netheid van die koshuise asook die rapportering van gebreke
  • Opleiding van personeel
  • Voorraadbestuur en bateregister
  • Administrasie, organisering en plasing van besoekers
  • Linneversorging en siekeboeg
  • Hulp aan kombuispersoneel met voorbereiding vir spesiale funksies

MINIMUMVEREISTES

  • Relevante kwalifikasie/ervaring in administrasie, bestuur van personeel en skoonmaakdienste
  • Rekenaarvaardigheid (Excel, Word, Outlook)
  • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
  • Eie betroubare vervoer

Diensaanvaarding: 1 Maart 2025

Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Vrydag 24 Januarie aan jaco.koch@affies.co.za gestuur word.

Telefoniese navrae (slegs gedurende skoolure): Jaco Koch – 012 344 3805

Aansoekers wat nie teen Vrydag 31 Januarie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

Oud-Affiebondpos:

Die Oud-Affiebond het ’n vakature vir ’n voltydse Alumnibestuurder by die Afrikaanse Hoër Seunskool, vir diensaanvaarding in Januarie 2025.

Pligte en verantwoordelikhede

  • Skakeling en samewerking met trustees, oud-Affies, skoolbestuur en personeel van Afrikaanse Hoër Seunskool.
  • Bevordering van alumni-betrokkenheid
  • Bestuur van alumni-aktiwiteite, insluitende reünies en gholfdae
  • Bestuur en verkope van goedgekeurde memorabilia
  • Kommunikasie en skakeling met alumni en die opdatering van die betrokke databasis
  • Uitbreiding van alumni-netwerke en steun aan matrikulante om by die alumni-gemeenskap aan te sluit
  • Betrokkenheid by en bestuur van alumni-fondsinsamelingsaktiwiteite en sosiale geleenthede
  • Skakeling met oorsese alumni groepe
  • Skep van sosiale media-inhoud, verslae en nuusbriewe
  • Verteenwoordiging van oud-Affies tydens kongresse of ander geleenthede

Minimumvereistes

  • ’n Toepaslike B-graad (bv. Besigheidsbestuur, Skakelwese, Kommunikasie en/of verwante velde) of ’n diploma ekwivalent.
  • Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding.
  • Eie vervoer en ’n geldige bestuurslisensie.

Die volgende sal as aanbeveling dien:

  • Kennis oor en ervaring in alumnibetrekkinge
  • Alumniverhoudingsbestuur
  • Bewese ervaring wat betref funksie- en projekbestuur
  • Bogemiddelde kommunikasievaardighede
  • Kennis en ervaring van fondswerwing

Aansoek

  • Stuur ‘n volledige CV met ‘n begeleidingsbrief voor Vrydag 8 November na Pine Pienaar by pienaar@affies.co.za.
  • Slegs kandidate wat vir aanstelling oorweeg word, sal vir ‘n onderhoud genooi word.
  • Onderhoude is vir 25 tot 29 November geskeduleer.

Departementshoof: Lewensoriëntering

Vereistes:
Toepaslike kwalifikasies
Minstens vyf jaar onderwyservaring op hoërskool-vlak
Na-uurse betrokkenheid soos ooreengekom

Aansoeke en sluitingsdatum
Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Maandag 19 Augustus aan cv@affies.co.za gestuur word. Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël. Indien u vir meer as een pos aansoek doen, stuur vir elke pos ‘n aparte aansoek.

Diensaanvaarding
1 Januarie 2025
Aansoekers wat nie teen Maandag 2 September gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

Rekeningkunde
Graad 10 tot 12
(posvlak 1)

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Lewensoriëntering
Graad 8 tot 12

English First Additional Language

Wiskunde