Matriekuitslae, 2025

Baie geluk aan Affies se matriekgroep van 2025.

Al die graad 12’s (294 leerders) het die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag – 96,3% van hulle mét universiteitstoelating. Die groep behaal saam 453 A-simbole, waarvan 71 A+ simbole is (90% of hoër).

Die gemiddeld van die leerlinge, alle vakke ingereken, is 68.5%.

Iddo van Daalen is die toppresteerder. Hy het ‘n onderskeiding in al agt sy vakke behaal en spog met ‘n gemiddeld van 91.4%.

Sewe en dertig matrieks het ‘n gemiddeld van 80% of hoër.