Affies presteer in Blitsbreinkompetisie

Baie geluk aan die volgende seuns wat uitstekend in die landswye finaal van Blitsbrein presteer het:

Markus Nel word aangewys as die senior nasionale wenner. Hy en nog twee Affies, Joshuan du Toit en Henko Brits (almal in graad 11) het ook die eerste drie plekke in Gauteng beklee.

In die junior afdeling word Joshua Markram (graad 9) as die nasionale wenner aangewys.