Rhodes Universiteit Hoërskole Vasvra

Hierdie nasionale vasvrakompetisie het op 14 Oktober aanlyn plaasgevind. Affies het ’n span elk in die junior en senior afdeling ingeskryf.
 
Die junior span, bestaande uit Wian van Rooyen (gr. 10), Ignus Ferreira (gr. 10) en Ruben Pienaar (gr. 9) het onder die top tien geëindig.
 
Die senior span (foto), Jonty Bleeker (gr. 12), Jan Wiese (gr. 12) en Joshuan du Toit (gr. 11) het na 67 spannende vrae as die nasionale wenners uit die stryd getree.
 
Baie geluk aan hierdie seuns.