Rooidasse wen Pretoria Eisteddfod

Die Rooidasse is op 10 Mei as die algehele wenners van die Pretoria Eisteddfod, sowel as die kategoriewenners (seunskore-afdeling), aangewys, met ‘n vertoning wat deur die beoordelaars met ‘n A++ bekroon is.

Baie geluk aan die seuns, mnr. AJ Maree (dirigent) en me. Gisela Scriba (koorbegeleier sedert 1996), sowel as die koorpersoneel.