Skaak-kampioenskap

Die eerste interne Affie-kampioenskap vir skaakspelers is op Donderdag, 28 Oktober in die rugbyklubhuis gespeel. Die toernooi het uit vyf rondtes Swiss-formaat 30:30 tyd bestaan en ‘n rekenaarprogram het die bordindelings gedoen om te verseker dat die sterkste spelers teenoor mekaar geplaas word.
 
Sowat 24 spelers, insluitende die martieks,wat reeds met hul eindeksamen begin het, het aan die toernooi deelgeneem.
 
Hierdie toernooi beoog om jaarliks, soos in die geval van tennis en gholf, vir die spelers geleentheid te gee om op ‘n formele basis teen mekaar te speel.
 
Baie geluk aan Heinrich Loock (gr. 12) wat die eerste plek wen. Wihan Koster (gr. 8 ) behaal ‘n tweede plek en Jacques Mouton (gr. 10) ‘n derde plek.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *