Sport

Swemspanne sorg vir seges

Pretoria A-bond Interhoër

Die A-swemspan het die eerste plek op die podium by die Hillcrest-swembad ingeneem nadat hulle die Pretoria A-interhoër oortuigend gewen het.
 
‘n Klein Affie-skare het die manne in die water aangespoor, en ‘n swaar reënbui het die verrigtinge onderbreek, maar die byeenkoms kon egter voltooi word.
 

Johannesburg A-bond Interhoër

Baie geluk aan die swemspan, wat ook in Johannesburg as die wenners wegstap.

Finale puntestand (seuns):

  1. Affies 776
  2. ⁠St Benedicts 732
  3. ⁠Pta Boys High 721
  4. ⁠St Davids 694
  5. ⁠KES 675
  6. ⁠St Stithians 626
  7. ⁠Jeppe 574
  8. ⁠Parktown 512

Swemspanne sorg vir seges Read More »

Atletiekspan wen twee interhoërs

Pretoria interhoër

Vanjaar se sege op die Pilditch-stadion was werklik ‘n Affie-spanpoging. 
 
Baie dankie aan elke toeskouer en personeellid wat die atlete so goed ondersteun het.
 
Finale puntestand (seuns):
 
1. Affies, 1366.5
2. Menlopark, 1216
3. Zwartkop, 1079
4. Waterkloof, 1076.5
5. Garsfontein, 964.5
6. Midstream 961.5
7. Montana
8. Oos-Moot
 
Knap gedaan, almal!
 
 
 

NWU-Superinterhoër

AFFIE-ATLETE SPAN KROON OP SEISOEN
 
Die atletiekspan het nog ’n spogvertoning op Pilditch gelewer om die seunsafdeling van die NWU-Superinterhoër ook te wen.
 
Finale puntestand (seuns):
 
1. Affies, 418
2. Helpmekaar Kol, 396
3. Waterkloof, 357
4. Noordheuwel, 320,5
5. Zwartkop, 315
6. Garsfontein
7. Kemptonpark
8. Potch Gim
 
Baie geluk aan ons susters van AHMP wat ook op die boonste trap van die podium eindig!

Atletiekspan wen twee interhoërs Read More »

Drie podiumplekke vir twee Affies in Lusaka

Johandré Pienaar (gr. 12) en Hencu Lamberts (gr. 11) is vanjaar albei in die Atletiek Suid-Afrika span ingesluit.

Hierdie span het van 27 April tot 3 Mei aan die Confederation of African Athletics se Afrika-Kampioenskap in Lusaka, Zambië gaan deelneem.

Johandré Pienaar wen die goue medalje in spiesgooi met ‘n poging van 66,12 m.

Hencu Lamberts wen ‘n brons medalje met ‘n afstand van 53,98 m met die diskus. Hy wen ook die goue medalje in gewigstoot met ‘n magtige poging van 20,13 m.

Baie geluk , manne!

Johandré Pienaar

Hencu Lamberts

Drie podiumplekke vir twee Affies in Lusaka Read More »

Affie-Swemmers kraai koning by Interhoërs

Die A-swemspan het Maandag, 13 Februarie, aan die Pretoria A-interhoër by die Hillcrest-swembad deelgeneem.
‘n Klein bende ondersteuners op die pawiljoen het die manne aangespoor. Die o/16-aflosspan het ‘n byeenkomsrekord verbeter om uiteindelik te verseker dat die eerste plek met Die Hoërskool Menlopark te gedeel word.

Op Dinsdag, 14 Februarie, het Affies as die gasheerskool vir die Pretoria B-interhoër opgetree. Die gala is weer by die Hillcrest-swembad aangebied. Baie geluk aan die B-span, wat by hierdie geleentheid as die wenners uitstaan.

A-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies, 494
1. Die Hoërskool Menlopark, 494
3. Pretoria Boys` High, 387
4. Midstream College, 384
5. Hoërskool Zwartkops, 327
6. Hoërskool Waterkloof, 264
7. Cornwall Hill College, 249
8. Hoërskool Garsfontein, 229

B-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies B, 426
2. St. Alban`s B, 405
3. PBHS B, 398
4. Curro Hazeldean, 365
5. Hoërskool Montana, 279
6. Hatfield Christian School, 262
7. Die Hoërskool Menlopark B, 213
8. Tyger Valley College, 188
9. Southdowns College, 159
10. Deutsche Schule Pretoria, 105

Affie-Swemmers kraai koning by Interhoërs Read More »

Wildeklawer-rugbytoernooi

Die eerste span en A-spanne het oor 29 April tot 1 Mei aan die Wildeklawer-rugbytoernooi in Kimberley deelgeneem. Hulle speel teen Oakdale Landbouskool van Riversdale in die Wes-Kaap, en Glenwood High School van Durban.

Oakdale Landbouskool

Witbulle wen 25-7
16A wen 33-0
15A wen 31-3
14A wen 31-0

Glenwood High School

Witbulle wen 49-14
16A wen 26-0
15A wen 45-7
14A wen 45-0

Wildeklawer-rugbytoernooi Read More »