Affie-Swemmers kraai koning by Interhoërs

Die A-swemspan het Maandag, 13 Februarie, aan die Pretoria A-interhoër by die Hillcrest-swembad deelgeneem.
‘n Klein bende ondersteuners op die pawiljoen het die manne aangespoor. Die o/16-aflosspan het ‘n byeenkomsrekord verbeter om uiteindelik te verseker dat die eerste plek met Die Hoërskool Menlopark te gedeel word.

Op Dinsdag, 14 Februarie, het Affies as die gasheerskool vir die Pretoria B-interhoër opgetree. Die gala is weer by die Hillcrest-swembad aangebied. Baie geluk aan die B-span, wat by hierdie geleentheid as die wenners uitstaan.

A-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies, 494
1. Die Hoërskool Menlopark, 494
3. Pretoria Boys` High, 387
4. Midstream College, 384
5. Hoërskool Zwartkops, 327
6. Hoërskool Waterkloof, 264
7. Cornwall Hill College, 249
8. Hoërskool Garsfontein, 229

B-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies B, 426
2. St. Alban`s B, 405
3. PBHS B, 398
4. Curro Hazeldean, 365
5. Hoërskool Montana, 279
6. Hatfield Christian School, 262
7. Die Hoërskool Menlopark B, 213
8. Tyger Valley College, 188
9. Southdowns College, 159
10. Deutsche Schule Pretoria, 105