Atlete wen seunsafdeling van A-bond- en NWU-PUK-interhoër

A-bondinterhoër

Die atletiekspan se harde werk ter voorbereiding van die A-bondinterhoër het vrugte afgewerp! Na ‘n lang dag in heerlike somersonskyn het die atlete die beker weer huis toe gebring.
 
Finale puntestand: (Seuns)
1. Affies, 1455
2. Die Hoërskool Menlopark, 1230
3. Hoërskool Waterkloof, 1116,5
4. Hoërskool Zwartkop, 1051
5. Hoërskool Montana, 978
6. Midstream College, 965.5
7. Hoërskool Garsfontein, 917
8. Prestige College, 656
Baie geluk manne!

Seuns o/19-aflos

NWU-PUK-interhoër

Die atlete het gister die kroon op ‘n wonderlike seisoen gespan met ‘n eerste plek by die NWU-PUK Interhoër wat op 2 Maart by die Pilditch-stadion aangebied is.

Alhoewel die res van die seuns hul akademiese verpligtinge by die skool moes nakom eerder as om hul stemme op die graswalle dik te maak, het die atlete Affie-Guts gewys en uiteindelik met die louere weggestap.

Finale puntestand (seuns):
1. Affies, 461
2. Helpmekaar Kollege, 380
3. Hoërskool Waterkloof, 344.5
4. Hoërskool Noordheuwel, 326.5
5. Hoërskool Zwartkop, 297
6. Hoërskool Garsfontein, 254.5
7. Hoërskool Kemptonpark, 245.5
8. Prestige College, 228

‘n Spesiale woordjie van erkenning aan Emile Els (o/14), in eerste foto, wat vir sy prestasie in die 800 m en 1 500 m as die Junior Victor Ludorum aangewys word.

Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen deelgeneem het.