Drie podiumplekke vir twee Affies in Lusaka

Johandré Pienaar (gr. 12) en Hencu Lamberts (gr. 11) is vanjaar albei in die Atletiek Suid-Afrika span ingesluit.

Hierdie span het van 27 April tot 3 Mei aan die Confederation of African Athletics se Afrika-Kampioenskap in Lusaka, Zambië gaan deelneem.

Johandré Pienaar wen die goue medalje in spiesgooi met ‘n poging van 66,12 m.

Hencu Lamberts wen ‘n brons medalje met ‘n afstand van 53,98 m met die diskus. Hy wen ook die goue medalje in gewigstoot met ‘n magtige poging van 20,13 m.

Baie geluk , manne!

Johandré Pienaar

Hencu Lamberts