Sport

Christiaan Maas wen SA Amateur Gholf-Kampioenskap

Christiaan Maas, gr. 12, het op Vrydag 19 Februarie die SA Amateur Gholf-Kampioenskap gewen.

Die kwalifiserende rondtes het op 14 en 15 Feb. plaasgevind. Daarna het die toernooi begin met die top 64 spelers wat teen mekaar meegeding het in putjiespel (matchplay) formaat. Christiaan speel in die finaal teen Christopher Dyer van Engeland.

Die finaal was oor 36 putjies op die Royal Johannesburg & Kensington Gholfbaan se East Course gespeel.

Die laaste Affie-speler wat hierdie gesogde titel kon verower het was George Coetzee in 2005.

Lees meer deur hierdie skakel te volg.

Christiaan Maas wen SA Amateur Gholf-Kampioenskap Read More »