Christiaan Maas nommer een op SA amateur-ranglys

Christiaan Maas se segetog duur voort. Hy is besig om homself as een van SA se voorste amateurspelers te vestig.
 
Christiaan het Vrydag, 27 Februarie, die Kaapprovisie Amateur Ope Kampioenskap op George Gholfbaan gewen.
 
Hierdie oorwinning plaas hom nou heel bo-aan die SA Amateur Ranglys (nie die skole ranglys nie).