Swemspanne sorg vir seges

Pretoria A-bond Interhoër

Die A-swemspan het die eerste plek op die podium by die Hillcrest-swembad ingeneem nadat hulle die Pretoria A-interhoër oortuigend gewen het.
 
‘n Klein Affie-skare het die manne in die water aangespoor, en ‘n swaar reënbui het die verrigtinge onderbreek, maar die byeenkoms kon egter voltooi word.
 

Johannesburg A-bond Interhoër

Baie geluk aan die swemspan, wat ook in Johannesburg as die wenners wegstap.

Finale puntestand (seuns):

  1. Affies 776
  2. ⁠St Benedicts 732
  3. ⁠Pta Boys High 721
  4. ⁠St Davids 694
  5. ⁠KES 675
  6. ⁠St Stithians 626
  7. ⁠Jeppe 574
  8. ⁠Parktown 512