Affie100 Fonds

Besigtig kunswerke en registreer vir aanlyn veiling:

View artworks and register vir auction:

Koop kaartjies vir ‘n kunswerk, of vir ‘n eksklusiewe portret-fotografiesessie met kunstenares Martini Coetzee:

Buy tickets for an artwork or an exclusive portrait photography session with artist Martini Coetzee:

Enige iemand is welkom om die uitstalling by Affies op 14 Oktober vanaf 18:00 by te woon.

Anyone is welcome to attend the art exhibition at Affies on 14 October from 18:00. 

Die Affie 100 Fonds is ‘n gemeenskapsinisiatief wat fokus op moedertaal onderrig, hoëkwaliteitopvoeding en ‘n hoopvolle toekoms.

As ’n opvoedings- en gemeenskapsorganisasie wil ons altyd die beste vir ons kinders hê en hulle toekoms verseker.

Die Affie 100 Fonds deel die waardes, wêreldbeskouing en toewyding aan uitnemendheid wat oor meer as ‘n 100 jaar by die Afrikaanse Hoër Seunskool ontwikkel het. Alhoewel elke entiteit sy eie doelwitte nastreef, deel ons die dieper waardes en visie van die skool en die gemeenskap.

Om deel te wees van die Affie-gemeenskap is ’n voorreg en ’n verantwoordelikheid.

Die band en vrygewigheid wat tussen oud-Affies en vriende van die Affie-gemeenskap bestaan, verseker dat die fondasie waarop ons huidige leiers bou, net sterker en stewiger word vir dié wat ná ons kom.

Word ’n rentmeester van hoop en kies jou nalatenskap.

Besluit vandag om ‘n verskil te maak, kies jou fokus van betrokkenheid en word deel van die oplossing en Affie 100-gemeenskap.

’n Belegging in die Affie 100 Fonds is ’n belegging in ons kinders en in ons toekoms – ’n nalatenskap van hoop.