Affieraad

Leierskap

Affies bied seuns op vele terreine geleenthede om hul leierskapvaardighede te ontwikkel. Deel van die skool se missie is om deur middel van opvoedende onderwys seuns so te help ontwikkel dat hulle uiteindelik volwaardige landsburgers word wat ‘n sinvolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap lewer.

Alhoewel Affies se leierskapsontwikkeling veel wyer as die Affieraad strek, is die Affieraad die skool se verteenwoordigende leerderraad. Hierdie leierskorps word jaarliks demokraties deur die seuns verkies.

Na ‘n intensiewe opleidingskamp kry die Affieraad die geleentheid om die skoolgemeenskap te dien. Die Affieraad verrig verskeie dienstake, help met bekendstellingsgeleenthede en stel deurlopend ‘n navolgenswaardige voorbeeld.

Die Affieraad word jaarliks in September vir ‘n dienstydperk van 11 maande verkies.  Daar word agtien seuns uit die graad 11-groep gekies, wat dan die senior leiers van die skool in hul matriekjaar is, en nege leerders uit elk van die ander grade. Die hoofseun en onderhoofseuns word deur die Affieraad gekies.

Die vier onderhoofseuns beklee elkeen ‘n portefeulje: Sport, Kultuur,  Dissipline en Akademie en Sosiaal.

Affieraad vir 2024