Fooie

Skoolfooie - 2026

In ooreenstemming met ‘n besluit wat jaarliks op `n algemene jaarvergadering van ouers geneem word, beloop die skoolfooie vir 2026 R63 460 per kind.

Ouers wat die volle skoolgeld voor 31 Januarie 2026 vereffen kom in aanmerking vir korting van R3 173 (5%).

  • Skoolgeld sluit nie akademiese, sport- en kultuurtoere soos aan ouers voorgelê, in nie. Hierdie atiwiteite is vrywillig en word nie deur skoolgeld gedek nie. 
  • As vergunning mag u die skoolgeld in vooruitbetaalbare paaiemente afbetaal.
  • Paaiemente word oor 10 maande versprei (begin Februarie tot begin November) of kan in vier gelyke paaiemente aan die begin van elke kwartaal betaal word.

Debietorderpaaiemente word oor 10 maande versprei (begin Februarie tot begin November). Toere se betalings is nie hierby ingesluit nie.

Ouers wat in aanmerking wil kom vir statutêre korting op skoolgeld volgens departementele beleid moet die nodige dokumentasie so gou moontlik vanaf 14 Januarie 2026 by me. Yolandi Gloy in die finansiële kantoor afhaal. Aansoeke moet voor 10 Maart 2026 ingedien word. Aansoeke wat na hierdie datum ingedien word sal slegs vir pro rata korting kwalifiseer.

Die koshuisfooie vir 2026 beloop R62 670. Dit werk uit op ‘n tarief van R309.55 per skooldag. Korting van 5% sal toegestaan word indien die volle betaling voor 31 Januarie 2026 gemaak word. 

Die bedrag betaalbaar word in drie paaiemente verdeel.

  • As vergunning mag u die koshuisgeld in vooruitbetaalbare paaiemente afbetaal.
  • Paaiemente word oor 10 maande versprei (begin Februarie tot begin November) of kan in drie gelyke paaiemente aan die begin van die eerste drie kwartale betaal word.
  • Debietorders se paaiemente word oor 10 maande versprei (begin Februarie tot begin November).

Geen korting of terugbetaling sal toegestaan word indien ‘n leerling vir enige tydperk, byvoorbeeld bloktyd en eksamens, nie in die koshuis woon nie.

‘n Addisionele bedrag van R1 620 per jaar is aan die begin van die jaar betaalbaar deur leerlinge in graad 10, 11 en 12 wat Inligtingstegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie as een van hulle sewe skoolvakke neem. Leerlinge wat RTT as agtste vak neem, betaal R2 200 per jaar.

‘n Addisionele bedrag per jaar is aan die begin van die jaar betaalbaar deur leerlinge wat Musiek as vak neem. Die fondse word aangewend om die instrumente in stand te hou en ou instrumente te vervang. Die bedrag betaalbaar is:
• R2 200 per jaar vir leerlinge wat blaas- en strykinstrumente by die skool huur
• R1 276 per jaar vir leerlinge wat pyporrel, perkussie en kontrabas as instrument neem, (vir oefen- en lesdoeleindes).
• R880 per jaar vir leerlinge klavier neem, (vir oefen- en lesdoeleindes)