Prysuitdeling

Medaljes, Erekleure en Ander Toekennings

Die skool gee vir alle aktiwiteite binne en buite skoolverband waarin ’n leerder presteer erkenning d.m.v. medaljepunte. Hoogstens 3 medaljepunte kan in ’n enkele aktiwiteit per jaar verdien word. Medaljepunte kan o.a. toegeken word vir ligawenners, provinsiale of nasionale deelname in spanverband of provinsiale/nasionale wenners of naaswenners indien dit ’n individuele prestasie is. Medaljepunte word toegeken vir:
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Leierskap
  • 100%-skoolbesoek
Daar word deurlopend (graad 8 tot 12) rekord van prestaties gehou. Indien ’n leerder 20 punte behaal verdien hy ’n bronsmedalje. Na 35 punte kry hy ’n silwermedalje en na 55 ’n gouemedalje. Medaljes word tydens die Oktober-prysuitdelingsfunksie aan die leerders gegee. By hierdie geleentheid ontvang presteerders ook trofeë en ander toekennings. Erekleure (balkies) word slegs aan leerders toegeken vir aktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Akademiese erekleure word tydens die Februarie-prysuitdeling aan leerders oorhandig wat in die vorige jaar ’n gemiddeld van 80% of hoër behaal het. Erkenning word ook by hierdie funksie vir die beste presteerders in die onderskeie vakke gegee. In die jaarblad word daar elke jaar ’n lys van hierdie toekennings en eervolle vermeldings geplaas.