Atletiek

Geskiedenis

Affies het vir die eerste keer in 1926 ‘n atletiekbyeenkoms aangebied. Die skool het sy eerste Springbok, Erick Grimbeek, in 1936 opgelewer.

Prestasies

Affies wen die Tuks Top 10-byeenkoms, Pretoria A-interhoër en die NWU PUK Interhoër vir A-spanne. 

Affies lewer veertien provinsiale atlete op wat Noord-Gauteng by die Nasionale byeenkoms verteenwoordig.

Twee seuns word in die nasionale span opgeneem wat in Zambië aan die Afrika-kampioenskap deelneem. Johandré Pienaar (gr. 12) wen die goue medalje vir sy prestasie in die spiesgooi (66.12 m). Hencu Lamberts, (gr. 11) wen ‘n brons medalje vir diskus (53.98 m ) en ‘n goue medalje (20.14 m) in gewigstoot.

Affies wen die Tuks Top 10-byeenkoms, Pretoria A-interhoër en die NWU PUK Interhoër vir A-spanne.

Derde plek by die Twizza Nasionale kompetisie.

Sestien atlete neem aan die Gauteng Skolekampioenskap deel en verower 1 goud, twee silwer- en drie bronsmedaljes.

Geen deelname weens Covid.

Affies wen die Top 10-byeenkoms, Hoërskool Uitsig-aflosbyeenkoms, Florida-byeenkoms, Pretoria A-interhoër en die NWU PUK Interhoër vir A-spanne.

Elf atlete neem aan die Gauteng Skolekampioenskap deel en verower twee goue, drie silwer- en twee bronsmedaljes.

Affies wen die Top 10, Hoërskool Uitsig-aflosbyeenkoms, Florida-byeenkoms, Pretoria A-interhoër, die NWU PUK Interhoër vir A-spanne en die NWU PUk Top 30 in Potchefstroom.

Sewe atlete word vir tien items genooi na die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap in Port Elizabeth en vier na die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskap in die Paarl. Veertien medaljes! 

In 2018 wen Affies die Top 10, Hoërskool Uitsig-aflosbyeenkoms, Florida-byeenkoms, Pretoria A-interhoër, die NWU PUK Interhoër vir A-spanne asook die Puk Top 30 in Potchefstroom.

Ses atlete word vir 10 items na die Suid- Afrikaanse Skolekampioenskap in Potchefstroom genooi en agt atlete na die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskap om aan 14 items deel te neem.

In 2017 wen Affies die Top 10 (Tukkies), Hoërskool Uitsig-aflosbyeenkoms, Florida-byeenkoms, aangebied by UJ, Pretoria A-interhoër en die Engelse Interhoër.

Naaswenners van die NWU PUK Interhoër vir A-spanne

Die A-span was vanaf 2012 tot 2017 die wenners van die Pretoria A-interhoër. Die B-span wen die NWU-PUK B-interhoër vanaf 2009 tot 2016. Die 2017-byeenkoms het uitgereën. Affies is die enigste Afrikaanse skool wat aan die Engelse prestige atletiekbyeenkoms vir seuns deelneem en wen hierdie kompetisie in 2006, 2007, 2010 en 2011 en behaal `n tweede plek in 2012, 2013, 2014, 2015 en 2017 met beide die A- en B-spanne. Ook in die Top 10-, Top 12- en Top 30-byeenkomste en die aflosbyeenkomste het die skool sy segetog van die afgelope paar jaar voortgesit.

Geleentheid tot deelname

Die jaarlikse interhuis (saam met die Afrikaanse Hoër Meisieskool) en die Affie-spele bied geleentheid vir alle seuns om aan atletiek deel te neem. Die skool het ‘n A- en ‘n B-span. Elke span bestaan uit ongeveer 60 tot 70 lede.

Opponente van die afgelope twee jaar

Outeniqua, Boland Landbou, Paarl Gimnasium, Paarl Boys High, Pretoria Boys High, Grey Kollege, Maritzburg College, Jeppe, Waterkloof, Diamantveld, KES, Westville Boys’ High, Glenwood en Helpmekaar Kollege

Byeenkomste

Eerste kwartaal: Affies neem aan vier vriendskaplike byeenkomste (massadeelname) deel.  Daar is `n Top 10-byeenkoms waaraan die top atlete deelneem, asook `n aflosbyeenkoms met die A-, B- en C-spanne. Ons neem deel aan drie interhoër-kompetisies, naamlik Pretoria Interhoër, NWU PUK (A) Interhoër en die NWU PUK Interhoër vir B-spanne.

Derde kwartaal: Affies se atletiekspan neem aan twee vriendskaplike byeenkomste teen spanne van Engelse seunskole deel. Die kwartaal sluit af met `n interhoër waaraan die A- en B-spanne teen skole soos KES, Pretoria Boys High, Jeppe, Parktown Boys’ High, St John’s, St Stithians, St Albans, St David’s en St Andrews deelneem.

Vierde Kwartaal: Gedurende die vierde kwartaal is daar een massabyeenkoms, naamlik die Grey Kollege Prestige Byeenkoms. Ons neem ook aan die Top 10-byeenkoms op Naboomspruit, die Top 12 op Pilditch en die Top 30 op Potchefstroom deel.

Affies lewer top atlete op

  • 2016  Sewe atlete verwerf provinsiale kleure
    Twee atlete neem deel aan die SA Skole Kampioenskap (een atleet verwerf twee goue medaljes).
    Sewe atlete neem deel aan die AGN Klub SA Kampioenskap. Drie atlete verwerf vier medaljes: drie silwer en een brons.
  • 2017   Ses atlete verwerf provinsiale kleure.
    Vyf atlete neem deel aan die AGN Klub SA kampioenskap.
    Oud-Affie Pieter Conradie word die SA-kampioen in die 400m (foto regs)
  • 2018 Constant Pretorius is ingesluit in Suid-Afrika se span vir die 2018 Gold Coast Statespele in April in Australië. In Maart is hy aangewys as Victor Ludorum van die eerste byeenkoms van #VarsityAthletics 2018.
    Pieter Conradie is tans Suid-Afrikaanse kampioen in die 400 m.
    Fredriech Pretorius is tydens die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap in Maart as die nasionale kampioen in tienkamp gekroon.
  • 2019 Affie-atlete het veertien medaljes by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap en die Suid-Afrikaanse  Jeug- en Juniorkampioenskap verower. Eckhart Potgieter is ook ingesluit in die Suid-Afrikaanse oefengroep met die oog op deelname aan die Afrika Jeugbyeenkoms.
  • 2020 Elf atlete neem aan die Gauteng skole kampioenskappe deel en verower twee goue, drie silwer en twee bronsmedaljes.
    Affies se onder 19 4 x 100 aflosspan verbeter die SA skolerekord!
  • 2021 Geen deelname weens Covid. 
  • 2022Sestien atlete neem aan die Gauteng Skolekampioenskap deel en verower 1 goud, twee silwer- en drie bronsmedaljes.
Pieter Conradie