Swem

Geskiedenis

Swem is die eerste keer in 1929 as sportsoort by Affies beoefen. In 1932 was die Afrikaanse Hoër Seunskool die eerste skool in Pretoria wat ‘n swembad gebou het.

Geleentheid tot deelname

Affies bied ‘n graad 8-gala aan voordat die interhuisspanne gefinaliseer word. Twee swemspanne (ongeveer 25 lede elk) word na afloop van die interhuis saamgestel wat die skool in die Pretoria A- en B-liga en die Johannesburg A-liga verteenwoordig. In 2020 het Affies se A- en B-spanne aan 12 galas deelgeneem. Affies het ook in 2018 vir die eerste keer aan die Westville Boys High uitnodigingsgala deelgeneem. In Johannesburg swem die seuns ook in die aflosinterhoër. Gedurende die vierde kwartaal word daar aan verskeie vriendskaplike galas deelgeneem.

Opponente

Pretoria-liga: Pretoria Boys High, Menlopark, St Albans, Cornwall Hill College, Hatfield Christian School,  Garsfontein, Montana, Southdowns College, Midstream College, Menlopark, Woodhill College, Waterkloof, Zwartkop, Curro Hazeldean en Tyger Valley College

Johannesburg-liga: Pretoria Boys High, St David’s, St Benedict’s, St Stithians, King Edward School, St John’s, Parktown, Jeppe en CBC Boksburg

(Affies is die enigste Afrikaanse skool wat in hierdie liga swem.)

Fasiliteite

Danksy die nuwe verhittingstelsel en die termiese kombers waarmee die swembad gedurende die winter bedek word, kan oefeninge ook in die wintermaande plaasvind. In 2016 is die paviljoene rondom die swembad opgradeer om meer toeskouers te akkommodeer.

Prestasies

Die A-swemspan het ‘n 1ste plek by die Pretoria A-interhoër en ‘n tweede plek by die Johannesburg seunskole-interhoër behaal.

Die B-swemspan het ‘n 1ste plek by die Pretoria B-interhoër behaal.

Die A-swemspan het ‘n 1ste plek by die Pretoria A-interhoër en ‘n 2de plek by die Johannesburg seunskole-interhoër behaal.

Die B-swemspan het ‘n 2de plek by die Pretoria B-interhoër behaal.

Geen deelname weens Covid-19.

In 2020 het die A-swemspan ‘n eerste plek behaal in die Pretoria A- en Johannesburg A-interhoër.

Daar het ’n aantal swemmers in Maart aan die Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Ouderdomsgroepgala in Durban deelgeneem.

In 2019 het die A-swemspan ‘n tweede plek behaal in die Pretoria A- en Johannesburg A-interhoër. 

Sewe swemmers het in Maart aan die Suid Afrikaanse Junior Nasionale Ouderdomsgroepgala in Durban deelgeneem.

In 2018 het die A-swemspan ‘n eerste plek behaal in die Pretoria A- en Johannesburg A-interhoër. 

Agt swemmers het in Maart aan die Suid Afrikaanse Junior Nasionale Ouderdomsgroepgala in Durban deelgeneem.

In 2017 het die A-swemspan ‘n eerste plek behaal by die Pretoria A-interhoër en ‘n tweede plek by die Johannesburg-interhoër.

Drie seuns het die finaal by die SA Junior Nasionale Kampioenskap gehaal.