Vakature
Departementele pos:
Die Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwyspos beskikbaar:
Departementshoof (posvlak 2): Tegniese vakke (IGO gr. 10 tot 12 en Tegnologie gr. 8 en 9)
Aansoeke en sluitingsdatum:
Die pos verskyn op bl. 193 van die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se VAKATURELYS 02 VAN 2025.
GDO-posnommer: TS25ED1040.
Let wel, alle aansoeke moet streng volgens die GDO-riglyne geskied en teen Dinsdag, 09 Mei, voor 16:00 by die Tshwane-Suid distrikskantoor ingehandig wees.
Klik hier vir die SAOU se nuusbrief met inligting oor die aansoekproses.
Aansoekers word aangemoedig om bykomend tot die GDO se aansoekproses, ‘n volledige CV met bewys van kwalifikasies aan Afrikaanse Hoër Seunskool by cv@affies.co.za te stuur.
Beheerliggaamposte:
Koshuispos:
Huis Frank le Roux van die Afrikaanse Hoër Seunskool het ’n vakature vir ’n voltydse Algemene Assistentbestuurder (nie-inwonend), vir diensaanvaarding in Maart 2025.
PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE
- Toesighoudende verantwoordelikheid vir die versorging, skoonmaak en netheid van die koshuise asook die rapportering van gebreke
- Opleiding van personeel
- Voorraadbestuur en bateregister
- Administrasie, organisering en plasing van besoekers
- Linneversorging en siekeboeg
- Hulp aan kombuispersoneel met voorbereiding vir spesiale funksies
MINIMUMVEREISTES
- Relevante kwalifikasie/ervaring in administrasie, bestuur van personeel en skoonmaakdienste
- Rekenaarvaardigheid (Excel, Word, Outlook)
- Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
- Eie betroubare vervoer
Diensaanvaarding: 1 Maart 2025
Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Vrydag 24 Januarie aan jaco.koch@affies.co.za gestuur word.
Telefoniese navrae (slegs gedurende skoolure): Jaco Koch – 012 344 3805
Aansoekers wat nie teen Vrydag 31 Januarie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.
Oud-Affiebondpos:
Die Oud-Affiebond het ’n vakature vir ’n voltydse Alumnibestuurder by die Afrikaanse Hoër Seunskool, vir diensaanvaarding in Januarie 2025.
Pligte en verantwoordelikhede
- Skakeling en samewerking met trustees, oud-Affies, skoolbestuur en personeel van Afrikaanse Hoër Seunskool.
- Bevordering van alumni-betrokkenheid
- Bestuur van alumni-aktiwiteite, insluitende reünies en gholfdae
- Bestuur en verkope van goedgekeurde memorabilia
- Kommunikasie en skakeling met alumni en die opdatering van die betrokke databasis
- Uitbreiding van alumni-netwerke en steun aan matrikulante om by die alumni-gemeenskap aan te sluit
- Betrokkenheid by en bestuur van alumni-fondsinsamelingsaktiwiteite en sosiale geleenthede
- Skakeling met oorsese alumni groepe
- Skep van sosiale media-inhoud, verslae en nuusbriewe
- Verteenwoordiging van oud-Affies tydens kongresse of ander geleenthede
Minimumvereistes
- ’n Toepaslike B-graad (bv. Besigheidsbestuur, Skakelwese, Kommunikasie en/of verwante velde) of ’n diploma ekwivalent.
- Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding.
- Eie vervoer en ’n geldige bestuurslisensie.
Die volgende sal as aanbeveling dien:
- Kennis oor en ervaring in alumnibetrekkinge
- Alumniverhoudingsbestuur
- Bewese ervaring wat betref funksie- en projekbestuur
- Bogemiddelde kommunikasievaardighede
- Kennis en ervaring van fondswerwing
Aansoek
- Stuur ‘n volledige CV met ‘n begeleidingsbrief voor Vrydag 8 November na Pine Pienaar by pienaar@affies.co.za.
- Slegs kandidate wat vir aanstelling oorweeg word, sal vir ‘n onderhoud genooi word.
- Onderhoude is vir 25 tot 29 November geskeduleer.
Departementshoof: Lewensoriëntering
Vereistes:
Toepaslike kwalifikasies
Minstens vyf jaar onderwyservaring op hoërskool-vlak
Na-uurse betrokkenheid soos ooreengekom
Aansoeke en sluitingsdatum
Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Maandag 19 Augustus aan cv@affies.co.za gestuur word. Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël. Indien u vir meer as een pos aansoek doen, stuur vir elke pos ‘n aparte aansoek.
Diensaanvaarding
1 Januarie 2025
Aansoekers wat nie teen Maandag 2 September gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.
Rekeningkunde
Graad 10 tot 12
(posvlak 1)

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Lewensoriëntering
Graad 8 tot 12

English First Additional Language

Wiskunde

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het ‘n klarinetpos (beheerliggaam) beskikbaar vir diensaanvaarding op 1 Januarie 2026.
VEREISTES
- B.Mus of gelykstaande kwalifikasie
- Onderrigtaal: Afrikaans
- Saxofoon as tweede instrument sal ‘n aanbeveling wees.
KERNPLIGTE
- Individuele lesse vir musiekleerders
- Eksamenvoorbereiding vir UNISA, Trinity College en ABRSM
- Betrokkenheid by konserte en orkeskampe soos ooreengekom
Werksure: Maandag tot Vrydag, 13:45 tot 18:45
AANSOEKE EN SLUITINGSDATUM
Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Donderdag 25 September aan joyce.viljoen@affies.co.za gestuur word.
Indien u teen 3 Oktober nog geen terugvoer gekry het nie, was u aansoek onsuksesvol.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool het ‘n vakature vir ‘n Kommersiële Bestuurder (beheerliggaampos) vir diensaanvaarding 1 Januarie 2026
PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE
- Strategiese bestuur van die skool se geaffilieerde entiteite.
- Bestuur van fondsinsamelingsaktiwiteite in samewerking met belanghebbendes.
- Skakeling met en werwing van borge vir die skool.
- Strategiese betrokkenheid by die beplanning en uitvoering van verskillende geleenthede (b.v. Wildsfees, Gholfdae, Manne- en Vroue-aand).
- Bestuur van ‘n databasis van oud-Affies, donateurs en belanghebbendes.
- Bestuur van die kommersiële kantoor wat betref begroting en personeel.
- Bestuur en beskerming van die skool se korporatiewe identiteit in samewerking met belanghebbendes, ten einde die handelsmerk te benut vir volhoubare inkomstestrome.
KERNVAARDIGHEDE EN VEREISTES
- ‘n Relevante tersiêre kwalifikasie en/of bewese rekord op ‘n senior vlak, met ‘n minimum van vyf jaar ondervinding.
- ‘n Bemarkingsagtergrond en ervaring in fondswerwing en die onderhandeling van kommersiële borgskappe.
- Sterk leierseienskappe en die vermoë om ‘n diverse span te motiveer en te lei.
- Goeie kommunikasievaardighede.
- ‘n Goeie begrip van handelsmerkbestuur, bemarkingskanale en korporatiewe identiteit.
- Buigsaamheid ten opsigte van werksure en reistyd.
- Die vermoë om begrotings op te stel, aan te bied en te bestuur.
- Sterk interpersoonlike vaardighede met die vermoë om op alle vlakke te skakel, netwerke te vestig en uit te brei.
- ‘n Bewese vermoë om op die hoogste vlak met groot sakeondernemings, nie-regeringsorganisasies en befondsingsagentskappe te skakel.
- Ondervinding in ‘n seunskool-omgewing en/of fondswerwingsomgewing is ‘n sterk aanbeveling.
AANSOEKE EN SLUITINGSDATUM
‘n Volledige CV met bewys van tersaaklike kwalifikasies en ondervinding moet voor of op
30 September aan cv@affies.co.za gestuur word. Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël.
Aansoekers wat nie teen Maandag 13 Oktober nog nie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.