Vakature

Daar is tans geen poste by Affies beskikbaar nie.

Departementele pos:

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwyspos beskikbaar:

Departementshoof (posvlak 2): Tegniese vakke (IGO gr. 10 tot 12 en Tegnologie gr. 8 en 9)

Aansoeke en sluitingsdatum:

Die pos verskyn op bl. 193 van die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se VAKATURELYS 02 VAN 2025.

 GDO-posnommer: TS25ED1040.

Let wel, alle aansoeke moet streng volgens die GDO-riglyne geskied en teen Dinsdag, 09 Mei, voor 16:00 by die Tshwane-Suid distrikskantoor ingehandig wees.

Klik hier vir die SAOU se nuusbrief met inligting oor die aansoekproses.

Aansoekers word aangemoedig om bykomend tot die GDO se aansoekproses, ‘n volledige CV met bewys van kwalifikasies aan Afrikaanse Hoër Seunskool by cv@affies.co.za te stuur.

Beheerliggaamposte:

Die Afrikaanse Hoër Seunskool se kommersiële kantoor brei uit en het ‘n vakature vir ‘n voltydse Borge- en Verhoudingsbestuurder vir diensaanvaarding op 1 Julie 2026.

Pligte en verantwoordelikhede
• Werwing en bestuur van verhouding met borge vir die skool
• Reël en bestuur van fondsinsamelingsfunksies (bv. Gholfdae, Manne-aand, Vroue-oggend, veilings ensovoorts)
• Wildsfees: Borge en kommersiële ondersteuning
• Ondersteuning aan die Oud-Affiebond, Klub 600, trusts en aanbied van toernooie bv. Noord-Suid Rugbytoernooi
• Hierdie persoon sal in noue samewerking met die Kommersiële Bestuurder werk

Kernvaardighede en vereistes
• Relevante tersiêre kwalifikasie en minimum vyf jaar toepaslike ondervinding.
• Toepaslike ondervinding: Samewerking met borge, bestuur ban handelsmerke en bemarkingsagtergrond
• Sterk leierseienskappe
• Goeie kommunikasievaardighede
• Buigsaamheid ten opsigte van werksure en reistyd
• Vermoë om begrotings op te stel, aan te bied en te bestuur
• Sterk interpersoonlike vaardighede met die vermoë om op alle vlakke te skakel, netwerke te vestig en uit te brei
• Ondervinding in ‘n seunskool-omgewing is ‘n sterk aanbeveling
• Rekenaarvaardig en vertroud met die gebruik van sosiale media
• Vermoë om met korporatiewe besighede te skakel en saam te werk

Aansoeke en sluitingsdatum

‘n Volledige CV met bewys van tersaaklike kwalifikasies en ondervinding moet voor of op
15 Mei aan cv@affies.co.za gestuur word. Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël.

Aansoekers wat teen 31 Mei nog nie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

AHS het ‘n geleentheid vir ‘n dinamiese en ervare Hokkiehoof om by die skool se afrigtingspan aan te sluit. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van hokkiespelers en -afrigters. Die hoof van Hokkie sal verder ook verantwoordelik wees vir alle hokkiebepalings, insluitende die aanbied van hokkiefeeste en -klinieke.

Ander verantwoordelikhede:
• Strategiese leierskap
• Hokkiebestuur en organisering
• Afrigting van eerste span
• Werwing van hoë-vlak afrigters
• Buite-seisoen spelerontwikkeling (Okt tot Feb)
• Implementering van kondisioneringsprogram
• Bestuur van ontwikkelingsplan vir laerskoolspelers
• Video-analise
• Astrobestuur op verskeie persele

Vereistes
Vorige ervaring as hoof van hokkie en bewese rekord van sukses op skool- of klubvlak word in ag geneem. SA-Hokkie vlak 3 of soortgelyke akkreditasie.

Aansoeke, sluitingsdatum en diensaanvaarding
Volledige CV moet voor of op 31 Mei aan cv@affies.co.za gerig word. Diensaanvaarding: 1 Augustus 2026 (onderhandelbaar)
Aansoekers wat nie teen 15 Junie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.
Navrae: Ryno van der Merwe (ryno.vandermerwe@affies.co.za) of 012 344 3805 (skoolure)

Afrikaanse Hoër Seunskool has an opening for the position: Head of Hockey. Passionate and experienced Hockey managers are invited to apply with a focus on enhancing the school’s recreational and performance hockey pathways. The Head of Hockey will help develop and produce hockey players of the future, to develop coaches, to implement recruitment strategies, and to oversee all fixtures including hosting hockey festivals.

Responsibilities include:
• Strategic leadership
• Hockey management and organizing
• First team coach
• Recruitment
• Off-season player development (Oct to Feb)
• Conditioning program
• Managing of development plan for primary school players
• Video Analysis
• Astro Management

Requirements
Previous experience as head of hockey at school or club level will be beneficial. SA-Hockey level 3 accreditation or similar international level.

Deadline for applications
Send a complete CV to cv@affies.co.za by 31 May 2026. If you have not been contacted by 15 June, your application was unsuccessful.
The successful candidate will start in the position on 1 August 2026 or at the earliest agreed upon date.
Enquiries: Ryno van der Merwe (ryno.vandermerwe@affies.co.za) or 012 344 3805 (school hours)

Koshuispos:

Oud-Affiebondpos:

Die Oud-Affiebond het ’n vakature vir ’n voltydse Alumnibestuurder by die Afrikaanse Hoër Seunskool, vir diensaanvaarding in Januarie 2025.

Pligte en verantwoordelikhede

  • Skakeling en samewerking met trustees, oud-Affies, skoolbestuur en personeel van Afrikaanse Hoër Seunskool.
  • Bevordering van alumni-betrokkenheid
  • Bestuur van alumni-aktiwiteite, insluitende reünies en gholfdae
  • Bestuur en verkope van goedgekeurde memorabilia
  • Kommunikasie en skakeling met alumni en die opdatering van die betrokke databasis
  • Uitbreiding van alumni-netwerke en steun aan matrikulante om by die alumni-gemeenskap aan te sluit
  • Betrokkenheid by en bestuur van alumni-fondsinsamelingsaktiwiteite en sosiale geleenthede
  • Skakeling met oorsese alumni groepe
  • Skep van sosiale media-inhoud, verslae en nuusbriewe
  • Verteenwoordiging van oud-Affies tydens kongresse of ander geleenthede

Minimumvereistes

  • ’n Toepaslike B-graad (bv. Besigheidsbestuur, Skakelwese, Kommunikasie en/of verwante velde) of ’n diploma ekwivalent.
  • Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding.
  • Eie vervoer en ’n geldige bestuurslisensie.

Die volgende sal as aanbeveling dien:

  • Kennis oor en ervaring in alumnibetrekkinge
  • Alumniverhoudingsbestuur
  • Bewese ervaring wat betref funksie- en projekbestuur
  • Bogemiddelde kommunikasievaardighede
  • Kennis en ervaring van fondswerwing

Aansoek

  • Stuur ‘n volledige CV met ‘n begeleidingsbrief voor Vrydag 8 November na Pine Pienaar by pienaar@affies.co.za.
  • Slegs kandidate wat vir aanstelling oorweeg word, sal vir ‘n onderhoud genooi word.
  • Onderhoude is vir 25 tot 29 November geskeduleer.

Departementshoof: Lewensoriëntering

Vereistes:
Toepaslike kwalifikasies
Minstens vyf jaar onderwyservaring op hoërskool-vlak
Na-uurse betrokkenheid soos ooreengekom

Aansoeke en sluitingsdatum
Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Maandag 19 Augustus aan cv@affies.co.za gestuur word. Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël. Indien u vir meer as een pos aansoek doen, stuur vir elke pos ‘n aparte aansoek.

Diensaanvaarding
1 Januarie 2025
Aansoekers wat nie teen Maandag 2 September gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

Rekeningkunde
Graad 10 tot 12
(posvlak 1)

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Lewensoriëntering
Graad 8 tot 12

English First Additional Language

Wiskunde

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwyspos (beheerliggaam) beskikbaar vir diensaanvaarding op 1 Mei 2026:

Onderwyser (posvlak 1): Lewenswetenskappe (graad 10 tot 12) en Natuurwetenskappe (graad 8 en 9).

Vereistes

Toepaslike kwalifikasies en ondervinding
Na-uurse betrokkenheid soos ooreengekom
SARO-sertifikaat

Aansoeke en sluitingsdatum

Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Vrydag 20 Februarie aan cv@affies.co.za gestuur word.

Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël. Aansoekers wat teen 25 Februarie nog nie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

Afrikaanse Hoër Seunskool het ’n vakature vir ‘n IT-hoof om die skool se digitale infrastruktuur en veiligheid te bestuur.
 
Die ideale kandidaat is ‘n strategiese denker met leierskaps-, kommunikasie- en probleemoplossingsvermoë.
 
Pligte en verantwoordelikhede
• Ontwikkel en implementeer ‘n volledige IT-strategie.
• Bestuur alle IT-kontrakte, begrotings, bates en toerusting.
• Lei en bestuur die IT-span.
• Bied tegniese ondersteuning aan alle belanghebbendes.
 
Vereistes
• BSc/BCom Hons (IT-verwant) of ekwivalente kwalifikasie.
• Industrie-kwalifikasies (A+, N+, Azure, AWS) sal ‘n aanbeveling wees.
• Minimum 5 jaar IT-ervaring, waarvan 3 in ‘n bestuurspos; voorkeur aan kandidate met breedvoerige agtergrond van netwerkanalise en -argitektuur.
• Grondige kennis van en ervaring met Microsoft-suite (Office 365, SharePoint, Dynamics, Power Apps, Azure).
• Ervaring in elektroniese sekuriteitstelsels en projekbestuur.
 
Aansoeke en sluitingsdatum
 
Stuur volledige CV aan cv@affies.co.za en meld die pos waarvoor aansoek gedoen word in die onderwerpreël.
 
Sluitingsdatum vir aansoeke is 4 Maart. Aansoekers wat teen 13 Maart nog nie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.
 
Diensaanvaarding: 1 Mei 2026 (onderhandelbaar)
 
Internskap: