Die Affie-Wildsfees van 2022 is vir Saterdag 13 Augustus van 14:00 af op die terrein van die Afrikaanse Hoër Seunskool geskeduleer.
Hierdie jaarlikse fondsinsamelingsinisiatief, wat deur ouers van AHMP én AHS bestuur word, vind vanjaar vir die 26ste keer plaas.
Alle Affie-ouers, -vriende en oud-Affies word hartlik gevra om skenkings te maak, soos bestanddele vir die heerlike kos, finansiële bydrae en/of items vir die veiling.