Affie-onnie Help Duisende matrieks met Wiskunde

Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

AJ Maree, een van Affies se dinamiese jong onderwysers, het, ná die voltooiing van ‘n BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde), ses maande in dié veld gewerk, voordat hy besluit het om sy beroepsloopbaan as Wiskunde-onderwyser voort te sit. Hy het sy Affie-debuut in 2010 gemaak.

In 2014 was hy een van nege jong Suid-Afrikaanse onderwysers wat die Wiskunde-somerskool van die Universiteit van Utrecht, Nederland, bygewoon het, nadat pryse van die Rapport Onderwysfonds aan hulle toeken is. Sy besonderse passie vir en belangstelling in sy vak blyk verder uit die talle uitnodigings wat hy reeds ontvang het om as spreker by Wiskunde-seminare op te tree. Sedert 2016 is mnr. Maree ook dirigent van die Affie-koor.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *