Affies onthou me. Magriet Malan

MAGRIET MALAN
13 September 1963 – 3 Maart 2021
 
Me. Magriet Malan was van 2010 tot 2014 en daarna weer van 2016 af as Afrikaans-onderwyser aan AHS verbonde. As ervare violis het sy by die orkes ingeskakel om hulp aan die strykers te verleen. Verder het sy as voog van die Stroom-op-redaksie opgetree en was deurentyd besig om die seuns in die kuns van openbare redevoering te onderlê. Sy was besonder rekenaarvaardig en het talle kollegas in hierdie verband ondersteun. Sy word onthou vir haar besondere bedagsaamheid, behulpsaamheid en die respek en deernis waarmee sy met haar kollegas omgegaan het. Affies eer haar nagedagtenis met mooi herinneringe.