Nasionale Ope Water Kampioenskap

Richardt Beineke, gr. 11, en Ricardo Rebelo, gr. 10, het van 19 – 21 Maart op uitnodiging aan die Nasionale Ope Water Kampioenskap in Jeffreysbaai deelgeneem. Richardt het 4de geëindig in die 7,5 km en Ricardo het ‘n 3de plek in die 5 km bekleë.