Niel Coetzer

Affies verwelkom nuwe personeel

Baie welkom aan ons nuwe personeel
Voor: Me. Carlize van Deventer (Wiskunde: assistent), me. Dané Heyneke (Afrikaans: aflosonderwyser), me. Ansa Snyman (Rekenaartoepassingstegnologie), me. Zydra Hattingh (Geskiedenis: assistentonderwyser).

Middel: me. Lize Schaap (Viool) en me. Tayla Clunie (Afrikaans).

Agter: Mnr. Derek van der Merwe (Lewenswetenskappe: assistentonderwyser), me. Izet Changuion (Oud-Affies: Alumnibestuurder), me. Shireen Lamprecht (Departementshoof: Lewensoriëntering), me. Eulyla Venter (Afrikaans), mnr. Connor Greaves (gimnasiumassistent), mnr. Gerrie Brink (gimnasiumassistent), me. Cheri Horn (Rekeningkunde en Ekonomie) en mnr. Nico Venter (Wiskunde).

Affies verwelkom nuwe personeel Read More »

Matriekuitslae, 2024

Die matrieks van 2024 het op 14 Januarie hul uitslae by die skool kom afhaal.

Baie geluk aan Affies se matriekgroep van 2024.

Al die graad 12’s (246 leerders) het die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag – 96,3% van hulle mét universiteitstoelating. Die groep behaal saam 409 A-simbole, waarvan 80 A+ simbole is (90% of hoër).

Die gemiddeld van die leerlinge, alle vakke ingereken, is 69.6%.

Frikkie Janse van Rensburg is die toppresteerder. Hy het ‘n onderskeiding in al agt sy vakke behaal en spog met ‘n gemiddeld van 91.8%.

Vier en veertig matrieks het ‘n gemiddeld van 80% of hoër.

Burger Hough en Josua Markram spog met 9 A’s elk.

Seuns wat agt onderskeidings behaal het is Christian Swanepoel en Frikkie Janse van Rensburg.

Twaalf seuns het elk sewe onderskeidings en nege kandidate het ses onderskeidings.


Matriekuitslae, 2024 Read More »