Niel Coetzer

Swemspanne sorg vir seges

Pretoria A-bond Interhoër

Die A-swemspan het die eerste plek op die podium by die Hillcrest-swembad ingeneem nadat hulle die Pretoria A-interhoër oortuigend gewen het.
 
‘n Klein Affie-skare het die manne in die water aangespoor, en ‘n swaar reënbui het die verrigtinge onderbreek, maar die byeenkoms kon egter voltooi word.
 

Johannesburg A-bond Interhoër

Baie geluk aan die swemspan, wat ook in Johannesburg as die wenners wegstap.

Finale puntestand (seuns):

  1. Affies 776
  2. ⁠St Benedicts 732
  3. ⁠Pta Boys High 721
  4. ⁠St Davids 694
  5. ⁠KES 675
  6. ⁠St Stithians 626
  7. ⁠Jeppe 574
  8. ⁠Parktown 512

Swemspanne sorg vir seges Read More »

Atletiekspan wen twee interhoërs

Pretoria interhoër

Vanjaar se sege op die Pilditch-stadion was werklik ‘n Affie-spanpoging. 
 
Baie dankie aan elke toeskouer en personeellid wat die atlete so goed ondersteun het.
 
Finale puntestand (seuns):
 
1. Affies, 1366.5
2. Menlopark, 1216
3. Zwartkop, 1079
4. Waterkloof, 1076.5
5. Garsfontein, 964.5
6. Midstream 961.5
7. Montana
8. Oos-Moot
 
Knap gedaan, almal!
 
 
 

NWU-Superinterhoër

AFFIE-ATLETE SPAN KROON OP SEISOEN
 
Die atletiekspan het nog ’n spogvertoning op Pilditch gelewer om die seunsafdeling van die NWU-Superinterhoër ook te wen.
 
Finale puntestand (seuns):
 
1. Affies, 418
2. Helpmekaar Kol, 396
3. Waterkloof, 357
4. Noordheuwel, 320,5
5. Zwartkop, 315
6. Garsfontein
7. Kemptonpark
8. Potch Gim
 
Baie geluk aan ons susters van AHMP wat ook op die boonste trap van die podium eindig!

Atletiekspan wen twee interhoërs Read More »

Matriekuitslae, 2023

Die matrieks van 2023 het op 19 Januarie hul uitslae by die skool kom afhaal.

Al 244 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag, waarvan 91,8% met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 410 A-simbole, waarvan 99 A+ simbole is (90% of hoër).

Die gemiddeld van die leerlinge, alle vakke ingereken, is 69%.

Ses Affie-seuns spog met ‘n gemiddelde persentasie van 90% of hoër, met Wian van Rooyen wat ‘n uitmuntende gemiddeld van 96,3% behaal. Die ander vyf, in alfabetiese volgorde, is Stephan Ehlers, George Gie, Delano Kemp, Uys Prinsloo, en Philip van Tonder.

George Gie en Magnus Venter behaal die meeste onderskeidings en spog met 9 A’s elk.

Seuns wat 8-onderskeidings behaal het is Gustav Bond, Stephan Ehlers, Delano Kemp, Steph Labuschagne, Uys Prinsloo, Wian van Rooyen en Philip van Tonder, terwyl Wikus Bornman, Divan Burger, Hein Claassen, Ignus Ferreira, Barend Fourie, Louis Hartslief, John-Thomas Swanepoel, Stephan van Niekerk, Christiaan Wentzel en Anderson White elk 7 A’s behaal het.

Tien kandidate het 6 onderskeidings behaal, en 9 kandidate het 5 A’s.

Matriekuitslae, 2023 Read More »