Niel Coetzer

Openbare Redevoerders presteer by ATKV

Vier Affies het Vrydag die woord by die finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie by Goudini Spa gevoer, naamlik Alexander Coetzer Kristensen, Wikus Borman, Mpumi Rakhudu en Chris Chabangu.

Baie geluk aan Mpumi en Chris wat onderskeidelik as die wenner en naaswenner van die voorbereide afdeling vir Afrikaans Addisionele Taal aangewys is.

Drie van Affies se ses debatspanne het gisteraand podiumplekke by die finaal van die ATKV-kompetisie by Goudini Spa behaal.

In die junior afdeling was die span van Werner Victor, Paul-Ralph Smit en Alexander Coetzer Kristensen die naaswenners. In die senior afdeling was Wian van Rooyen en Ignus Ferreira die naaswenners en Jacques Ferreira en Neil Grobbelaar derde.

Openbare Redevoerders presteer by ATKV Read More »

Drie podiumplekke vir twee Affies in Lusaka

Johandré Pienaar (gr. 12) en Hencu Lamberts (gr. 11) is vanjaar albei in die Atletiek Suid-Afrika span ingesluit.

Hierdie span het van 27 April tot 3 Mei aan die Confederation of African Athletics se Afrika-Kampioenskap in Lusaka, Zambië gaan deelneem.

Johandré Pienaar wen die goue medalje in spiesgooi met ‘n poging van 66,12 m.

Hencu Lamberts wen ‘n brons medalje met ‘n afstand van 53,98 m met die diskus. Hy wen ook die goue medalje in gewigstoot met ‘n magtige poging van 20,13 m.

Baie geluk , manne!

Johandré Pienaar

Hencu Lamberts

Drie podiumplekke vir twee Affies in Lusaka Read More »